1. Home
  2. Recepten
  3. Hoofdgerecht
  4. Afrikaanse keuken
  5. Hoenderpastei

Hoenderpastei

  • Afrikaans, Hoofdgerecht
  •  30-60 min.
  • Geplaatst op 22-12-2014

Ingrediënten 15 personen


Bestanddele:
5 kg  Hoender
So 2 Uie (fyn gesny en gebraai)
4 Aartappels (Klein blokkies gesny en gekook)
4 Wortels (Klein blokkies gesny en gekook) (opsioneel)
½ koppie Sago
 
Sous: (Meng alles saam)
2 Pakkies Knorr €Cream of Chicken€ sop
1 Pakkies Knorr €Thick White Onion€ sop
1 Pakkie Knorr €Brown Onion€ sop
Ongeveer 30 ml Koekmeel (nie maizena nie)
Ongeveer 5 ml Bisto souspoeier
skilverkors vir bo-op pastei (self gemaak of gekoop)
 
Metode:
Kook hoender met sout en bietjie 'Steak & Chops' speserye (nie te veel sout
nie, want souse is ook sout) en ontbeen.
Kook aartappels en wortels apart.
Gebruik weer dieselfde sous waarin die hoender gekook is en sit hoender in
'n groot pot.
Sit sago by en kook die hoender tot die sago deurskynend is €" roer net
aanhoudend anders brand dit onder aan.
Gooi sousmengsel by en kook deur.
As dit te dun lyk, sit nog bietjie koekmeel by.
Sit aartappels en wortels by en doen pastei vulling in 'n tert vorm.
Smeer net eier aan die rant van die tert vorm  en druk die skilverkors vas
op die onderste deel nadat die vulsel in is en smeer dan weer eier bo-oor.



Hoenderpastei
Hoenderpastei
Hoenderpastei
Hoenderpastei
Hoenderpastei
Hoenderpastei
Hoenderpastei
Hoenderpastei

Suid-Afrikaners is mal oor hulle pakkies met sop en souspoeiers. Die resep is ook so een.

Deel dit recept

Ontdek meer:

Bereidingswijze


Skilverkorsdeeg
Bestanddele:
250 g Botter
250 g Koekmeel
Knippie Sout
125 ml Yswater
 
Metode:
Sif meel en sout saam.  Sny botter in blokkies en rol dit in meel.  Voeg die
yswater bietjie vir bietjie by en pers saam totdat dit 'n bol deeg vorm.
Druk dit plat en draai in plastiek toe.  Bêre 'n uur lank in die yskas en
rol uit.
Die geheim van die deeg lê in die uitrol.  Rol dit uit, vou die deeg weer
toe van die hoeke af (soos 'n koevert) en rol weer uit.  Hierdie proses moet
minstens sewe keer herhaal word vir die beste resultate.

Bron

Van my Suid-Afrikaanse vriendin Elizabeth.



Over de plaatser
Ga naar de persoonlijke pagina van suid-afrika


Reacties (0)



Over de plaatser
Ga naar de persoonlijke pagina van suid-afrika
Leuk kookboek om te volgen
?
Meest bekeken
Kooktip!
Maak je koelkast leeg

Geef op wat je nog in de (koel)kast hebt liggen en zoek daar recepten bij!

Scroll voor meer recepten
Top