Ingelegde kwepers (kweeperen)
- Afrikaans,
- 30-60 min.
Bereidingswijze
Was die kwepers en bak in `n pan met `n bietjie water in `n matige oond vir min of meer 25 minute tot redelik sag; maar nog ferm. Toets: `n vuurhoutjies se agterkant moet net-net begin `n duikie maak. As dit te sag is gaan dit fyn word in die volgende proses en as dit te hard is , sal jy dit nie met gemak mooi kan sny nie.
Onthou om die kwepers gereeld met die sap in die pan is te bedruip, terwyl dit bak.
Terwyl die Kwepers bak , maak die stroop:
Die algemeenste stroop is een van middelmatige dikte.
Gemaak van een deel suiker en twee dele water.
Die hoeveelheid word bereken volgens die aantal flesse wat gevul moet word.
Metode: Kook die water, giet dit dan op die suiker en roer tot die suiker opgelos is.
Hou die kwepers dop wat bak dat dit nie droog word en brand nie en ook nie te sag bak nie.
As die kwepers net die regte sag maar ferme gevoel het, haal dit uit die oond.
Sny in ringe ( omtrent1cm of bietjie meer) dit moet dik genoeg wees dat dit nie breek nie.
Nou word die ring heel in die kokende stroop geplaas en nog `n rukkie gekook tot sag genoeg en pienk.
Intussen moes die flesse al gesteriliseer gewees het: beste manier is om flesse te was en in warm oond te sit vir `n rukkie.Die flessie kan dus in die oond gaan wanneer die kwepers uitkom.
Nou pak die kweper ringe in die flesse. Dit moet sag hanteer word; maar dit kan ook baie mooi gepak word dat dit lyk soos ringe met blommetjies in .Vul die fles met stroop waarin gekook is.
Verseél die fles.
Die rede hoekom ons die kwepers heel bak is omdat dit `n baie harde vrug is om te skil of sny.
AS dit eers gebak het kan die vrug makliker hanteer word en kan selfs geskil en in ander vorms gesny word... na gelang van die kwaliteit van die vrug en die smaak van die kok.
Bron
Mijn vriendin Louise Coetzee uit Zuid-Afrika