Wildpastei
- Afrikaans, Hoofdgerecht
- > 120 min.
`n Outydse pastei met `n kinkel.
Ingrediënten 12 personen
· 1,5 kg wildsboud of -blad· 2 koppies karringmelk
· 125 g swoerdlose spek, gekap
· 1 eetlepel botter (nee, nie margarien nie)
· 1 groot ui, gekap plus nog `n heel ui met 5 naeltjies (kruidnagels) wat jy daarin steek
· 2 lourierblare
· 2 teelepels fyn koljander (koriander)
· 2 koppies vleisaftreksel (bouillon)
· 1 koppie rooiwyn
· 3 vet knoffelhuisies, gekap
· 500 g skaapskenkels (Jy het gewag vir die kinkel, nè! Nou dis waar hy lê!)
· varsgemaalde sout en peper na smaak
Bereidingswijze
1 Marineer die vleis `n dag lank in die karringmelk – in die yskas.
2 Druk die vleis droog, sny in blokkies en hou eenkant.
3 Braai die spek in die botter, voeg die gekapte ui en gekneuste knoffel by en roerbraai tot sag en deurskynend. Gebruik dieselfde pan, voeg `n bietjie olie by en braai die skaapskenkels tot goudbruin. Hou eenkant. Strooi die meelblom oor die blokkies vleis en braai – `n paar blokkies op `n slag – tot goudbruin.
4 Voeg die skaapskenkels en die uie-en-spekmengsel by die wildsvleis. Voeg die res van die bestanddele by – die heel ui met sy naeltjies, die lourierblare en die koljander, die vleisaftreksel, die wyn en die vleisaftreksel. Geur met sout en peper na smaak.
5 Verhit die hele kaboedel tot kookpunt. Verlaag die temperatuur, bedek met `n deksel wat styf pas en prut sowat 3-4 uur of totdat die vleis sag is en van die bene af val. Vul die vloeistof aan as jy dink dis nodig. Laat afkoel, verwyder die bene en die heel ui en vlok die vleis.
6 Voorverhit die oond tot 230 ˚C. Skep die vleismengsel in `n groot pasteibak en bedek met `n laag skilferdeeg (bladerdeeg). Prik die deeg met `n vurk om die stoom te laat ontsnap en verf met geklitste eier.
7 Bak vir sowat 15 minute. Verlaag die temperatuur tot 180 ˚C en bak vir nog 30-35 minute.
Bron
Louise uit Zuid-Afrika