PITTIGE KIPPENLEVERTJES
- Afrikaans, Hoofdgerecht
- 30-60 min.
Hoenderlewer met byt
Ingrediënten
500g hoenderlewertjies -sout en varsgemaalde swartpeper na smaak -
2 knoffelhuisies, gekneus -
1 ui, gekap -
5 ml borrie (geelwortel) -
90ml botter -
12.5ml kerriepoeier of garam masala -
1 stuk ? 1cm gemmer, fyn gekap -
410g ( 1blik) tamaties, -gekap -
1 brandrissie(rode pepr), ontpit en fyngekap
200g bevrore of vars jong ertjies -
vars koljanderblare(dhania) gesnipper
Bereidingswijze
Soteer skoongemaakte hoenderlewers in botter in ?n braaipan sodat dit nog pienk binne is, maar verse?l aan die buitekant. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en skep uit. Hou eenkant.
Braai ui tot sag in panvet oor lae hitte. Voeg knoffel, gemmer, borrie, kerriepoeier en rissie by.
Roer en laat 1-2 minute stadig prut. Voeg tamaties by en bring tot kookpunt. Laat ongeveer 10 minute lank prut. Voeg ertjies net voor opdiening by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper en ?n bietjie suiker indien verkies. Sodra sous begin prut, voeg hoenderlewers en bietjie koljanderblare by en laat prut tot deurwarm. Sit voor en garneer met die res van die koljanderblare.