Je altijd al afgegraven waar komt dat lekkere sousie vandaan? Dit is vandag ‘n moet in elke kombuiskas en ons gebruik dit in enige dis – van vleismarinades en spaghetti bolognese tot tamatie-skemerkelkies (bloody mary’s), maar geurige worcestersous het ‘n interessante geskiedenis.
Die oorspronklike sous het sy wortels in Indië, maar dit is toevallig in 1835 deur twee aptekers in die dorp Worcester, Engeland, geskep. Lord Sandys, ‘n plaaslike adellike, het ná sy verblyf in Bengal, Indië, teruggekeer met ‘n resep vir ‘n sous waarvoor hy baie lief geword het. Hy het twee aptekers, John Lea en William Perrins, gevra om vir hom die konkoksie te maak.
Niemand was beïndruk deur hul eerste poging nie en die aptekers het dit summier gebottel en in hul kelder gestoor. ‘n Paar jaar later is dit tydens ‘n skoonmaaksessie ontdek en toe Lea en Perrins dit proe, was hulle verbaas oor die heerlike smaak van die verouderde sous. Hulle het die sous, gemaak uit ‘n mengsel van onder meer asyn, suiker, ansjovis, knoffel en Â"geheime kruie en speseryeÂ" met groot sukses begin verkoop. 
In 1839 het ‘n New Yorkse entrepreneur, John Duncun, begin om Â"Lea & Perrins Worchestershire SauceÂ" na Amerika uit te voer. 
Vandag bestaan wêreldwyd verskillende weergawes van worcestersous, maar Lea en Perrins se resep word steeds geheim gehou. Dit word Â"Engelse sousÂ" in vele Oosterse lande genoem. 
Die sous word sedert 1897 steeds in dieselfde fabriek in Midlandstraat, Worcester, Engeland, gemaak.