Smulweb Blog

Je koekje bij de koffie

Auteur: suid-afrika

Ouma Smit se Hoenderpastei

kippenpastei

Adri Vertel

Ek kom uit ’n familie wat hou van kuier, baie praat en ook lekker eet. Ek het nog nooit die vrymoedigheid gehad om vir enige wedstryd in te skryf nie, maar toe ek in die SARIE KOS van Feb/ Maart sien hulle soek die beste hoenderpastei, wonder ek of ek nie maar my resep moet instuur nie. Dit het my onmiddellik laat terugdink aan my kinderjare, toe my ma in ’n stadium nie meer haar vier kinders se geklets aan etenstafel kon verduur nie.

Om ons stil te maak het nie gehelp nie. Toe betaal sy ons omstil te bly. Ek het nooit geld gekry nie, want ek het altyd eerste begin praat. Maar daar was wel een ding wat ons woorde laat opdroog het: die dag as hoenderpastei voorgesit is.

Lees meer

Die oorsprong van worcestersous

Je altijd al afgegraven waar komt dat lekkere sousie vandaan? Dit is vandag 'n moet in elke kombuiskas en ons gebruik dit in enige dis – van vleismarinades en spaghetti bolognese tot tamatie-skemerkelkies (bloody mary's), maar geurige worcestersous het 'n interessante geskiedenis.

Die oorspronklike sous het sy wortels in Indië, maar dit is toevallig in 1835 deur twee aptekers in die dorp Worcester, Engeland, geskep. Lord Sandys, 'n plaaslike adellike, het ná sy verblyf in Bengal, Indië, teruggekeer met 'n resep vir 'n sous waarvoor hy baie lief geword het. Hy het twee aptekers, John Lea en William Perrins, gevra om vir hom die konkoksie te maak.

Lees meer

Die oorsprong van worcestersous

Je altijd al afgegraven waar komt dat lekkere sousie vandaan? Dit is vandag 'n moet in elke kombuiskas en ons gebruik dit in enige dis – van vleismarinades en spaghetti bolognese tot tamatie-skemerkelkies (bloody mary's), maar geurige worcestersous het 'n interessante geskiedenis.

Die oorspronklike sous het sy wortels in Indië, maar dit is toevallig in 1835 deur twee aptekers in die dorp Worcester, Engeland, geskep. Lord Sandys, 'n plaaslike adellike, het ná sy verblyf in Bengal, Indië, teruggekeer met 'n resep vir 'n sous waarvoor hy baie lief geword het. Hy het twee aptekers, John Lea en William Perrins, gevra om vir hom die konkoksie te maak.

Lees meer

Geskiedenis van Sosaties

Interessanthede oor sosatie se herkoms Sosaties vir braaidag is erfenis op ’n stokkie

Sosaties kom al so ‘n lang pad met ons koskultuur – en is nogals eksoties vir ons ou volkie. Eeue gelede al in die Ou Kaap het herberge bekend gestaan as“sosatie-en-ryshuise”. Dis onseker presies waar die term sosatie oorspronklik vandaan kom. Mens mag dalk dink dit kom van die Indonesiese satay, maar tog nie, want die soet gekookte kerriemarinade van sosaties onderskei ‘n sosatie van satay. Dit is moontlik afgelei van die Maleise woord sesatie (vleis-op-’n-stokkie), of ’n aanpassing van die Indonesiese term vir maalvleis, sasati.

Lees meer

Suid-Afrikaners maak wors in die buiteland

Voor geïnteresseerden in Zuid-Afrika.

Een van die eerste goed wat jy mis as jy immigreer uit Suid-Afrika, is so ′n lekker ou stukkie boerewors by die braai, want braai, braai ons, al is dit ook nou in die sneeu! Braai is mos in ons gene ingeteël soos rugby en ek dink braai is seker nommer twee of drie - Die Brannewyn-en bier geen is nommer een!

So het ′n paar van ons saamgespan en ernstig begin worsmaak so oor naweke en dit was nie ongewoon vir ons om 60 of 70 kg boerewors op ′n Saterdag te maak nie. Dit was egter BAIE duur boerewors, want ons moes die speserye van Freddy Hirsch uit SA invoer en dit moes in grootmaat geskied en het die beursies erg geknou. Voordeel van die speserye was dat die wors altyd dieselfde gesmaak het en ons die kwaliteit kon waarborg, maar daar was altyd gebrom oor die prys.

Lees meer

Wat is in ′n naam

Hier volg ‘n paar name wat een ding sê en iets heel anders bedoel. Ek sit die Engelse benaming in hakkies. - Pienk Peperkorrels (Pink Peppercorns) is nie peper nie maar wel sade van ‘n roos plant in Madagaskar. Peper korrels is gewoonlik groen, wat of swart afhangende van hoe ryp hulle is.

- Wilde Rys (Wild Rice) is eintelik nie ‘n rys nie maar wel ‘n grassoort.

- Karringmelk (Buttermilk) bevat geen botter nie, maar is die vloeistof wat oorbly na botter gemaak word. Deesdae word daar spesiale bakterieë by melk gevoeg om karringmelk te kry.

Lees meer

Braaivleis in suid-afrika

`n Suid-Afrikaanse BBQ NATUURLIKE INSTINK

Alle Suid-Afrikaners van watter kleur dan ook, is gebore met n natuurlike instink om n vuurtjie te maak. Dit is ook nie snaaks nie as jy dink dat Suid-Afrikaners gemiddeld ten minste een keer op n naweek braai en baie mense doen dit self twee keer. Winter of somer gebeur dit (met 85% sonskyn per jaar kan dit) en dan help die seuns al val kleins af om te help braai en die vuur op te bou. Vroeer was dit n trent dat die vroue die resepte klaar gemaak het en dat die manne dan braai, maar jy sien die laaste jare al hoe meer dat die manne nou self wil leer kook en dit as n baie ernstige manier is om te laat sien hoe goed hy dit kan doen. Sy trots om byvoorbeeld n resep klaar te maak waar almal AMEN op se... lag. Oor die hele Suid-Afrika word daar selfs braaivleis en potjiekos wedstryde gehou en met oorheersend manne wat deelneem. n Soort van emansipasie, nie dat die vroue nou baie keuse gehad het nie, hulle moes maar. En ja, of die bediende of die vrou moet nog steeds die opwas(afwas) doen in die meeste gevalle.

Lees meer

SUIDAFRIKAANSE SPREEKWOORDE EN SE-GOED

n Paar wyshede oor die allerdagse lewe in Suid-Afrika Die bobbejaan sit na te dink oor dit almal.......

-Tevredenheid is nie die vervulling van wat jy wil h? nie, dit is die besef

van wat jy alreeds het. Tevredenheid is niet de vervulling van wat jij wilt, maar het besef van wat je alreeds hebt.

-Nadat alles ges? en gedoen is, is baie meer ges? as gedoen. Nadat alles ??..gezegt en gedaan is, is ??.meer ?. gezegt dan gedaan (bijv. uren lang over iets vergader en dan nog geen werk vericht)

-Gebruik die talente wat jy het; die woude sou min musiek h? indien net die voeltjies wat hul liedjies die beste sing, dit sou sing. Gebuik die talenten welke jij reeds hebt, die ??. bossen zou weinig muziek maken als alleen de vogeltjes die mooi kan zingen mogen zingen.( i.a.w. gebruik je talenten die jij hebt en kijk niet naar de prestaties van andere, die van jezelf is ook nodig in deze maatschappij)

Lees meer

MEMORANDUM BOEK

Poeding resepte van: Maxie Karsten/Mouton (Kookboekkie)

Hier onder is my geboortehuis in Parow/Bellville/Kaapstad/Suid-Afrika.

My pa het heeltemal die huis self gebou en dit is die huis waar my moeder Maxie haar kookkunste begin uithaal het.

Die verhaal wat ek nou gaan vertel is aan die een kant ′n baie hartseer verhaal, maar aan die anderkant het dit ook gehelp in die bevryding van my gees in die jare van groot word en ouer word.

Toe ek twaalf jaar oud was, is my moeder plotseling oorlede aan ′n trombose tydens ′n skildklier operasie. My hele wereld het natuurlik op sy kop gestaan. Maar ek moes verder. En als kind het ek my bietjie bevry gevoel. Ek hoef nie meer so streng onder kontrole my huiswerk te gemaak het nie. (dit kon jy ook aan my skoolresultate sien) ens. ens....... julle ken die verhaal hoe dit gaan.

Lees meer
Oudere posts
Home Recepten Kookboeken