Voedingsproducten uit de Zuid-Afrikaanse keuken.
TUISGEMAAKTE GOUESTROOP (gouden siroop)
6 x 250 ml suiker
750 ml koue water
15 ml kremetart (cream of tartar)
Meng suiker, kremetart en die helfte van die water in `n kastrol. Roer oor lae hitte totdat suiker opgelos is. Kook oor matige hitte tot stroop ligbruin van kleur is, sowat 15 - 20 minute. Voeg die res van die water stadig by. Verwyder van hitte en gooi in gesterilliseerde flesse. Verseël dadelik.
TUISGEMAAKTE KAASSMEER
4 koppies melk
500 g margarien (goeie romerige soort)
1 kg cheddarkaas
Sout en swart peper na smaak
Kook alles saam en meng deeglik. Bottel warm en bêre in yskas (koelkast) wanneer afgekoel. Opsioneel: Meng fyn biltong of ham daarby.
TUISGEMAAKTE KONDENSMELK (gecondenseerde melk)
1.25 liter melk
2 ml koeksoda
500 g suiker
3 ml sout
Voeg alle bestanddele bymekaar en roer oor lae hitte totdat die suiker opgelos is. Kook stadig totdat die melk soos dik room begin lyk. Moenie roer nie, tensy melk wil oorkook. Gooi in flesse wat gesteriliseer is en plaas vir 15 minute in voorverhitte oond van 120ºC. Skroef daarna dadelik toe.
TUISGEMAAKTE MAYONNAISE
2 eiergele
2 ml mosterdpoeier
5 ml suiker
2 ml sout
Knippie witpeper
10 ml suurlemoensap (citroensap) of asyn
250 ml olyf- of kookolie of `n mengsel daarvan
Klits die eiergele, mosterd, suiker, sout, witpeper en suurlemoensap of asyn saam in `n mengbak. Hou aan met klits en voeg die olie druppel vir druppel by. Sodra die mengsel begin verdik, kan meer olie op `n slag bygevoeg word. (Gewoonlik na 60 - 75ml). Hou aan met klits totdat al die olie bygewerk is.
TUISGEMAAKTE MOSTERD
397g kondensmelk
250 ml suiker
110 g mosterdpoeier
200 ml mayonnaise
200 ml asyn
Meng die kondensmelk, suiker en mosterdpoeier. Voeg die mayonnaise en asyn by en meng. Klits dit goed met `n eierklitser. Bewaar dit in die yskas (koelkast). Lewer ongeveer 1 liter.
TUISGEMAAKTE TOEBROODJIESMEER (boterham beleg)
6 geelwortels
2 groen soetrissies (paprika)
1 rooi soetrissie (paprika)
3 uie
1 Engelse komkommer
750 ml wit asyn
750 ml mayonnaise
12.5 ml suiker
Sout en peper na smaak
Skraap of skil die geelwortels. Verwyder die soetrissies se pitte en skil die uie af. Kap al die groente baie fyn en plaas dit in `n vlekvrye staalbak. Giet die asyn oor die groente en laat dit oornag staan. Dreineer die groente goed en druk dit droog. Voeg die mayonnaise, suiker en sout en peper na smaak by die groentemengsel en meng dit goed. Skep in droë, gesteriliseerde flesse en verseël dadelik. Bêre die toebroodjiesmeer in die yskas (koelkast).
Zuid-Afrika
Wil je reageren ? Meld je dan gratis aan en profiteer van vele voordelen of log in.
- suid-afrika plaatst recept op Smulweb
Zoek op Smulweb naar recepten en voeg ze toe aan je menu.





Borrelhapjes uit de Internationale keuken, Ingrediënten: Hollandse garnalen, tempura meel, kriek bier, rode -peper, rode tandoori pasta Lees verder »
Borrelhapjes uit de Internationale keuken, Ingrediënten: 225 gr. magere kwark, 225 gr. zachte boter/margarine/halvarine, 3/4 tl. paprikapoeder, 3/4 tl. karwijzaad, 1 1/2 tl. gehakte kappertjes, 3/4 tl. ansjovispasta, 3/4 tl. … Lees verder »
Sauzen/dressings uit de Internationale keuken, Ingrediënten: 100g mayonaise-2eetlepels appelmoes-2eetlepels mierikswortelpasta-zout-witte peper-1theelepel citroensap-snuifje suiker. Lees verder »
Sauzen/dressings uit de Andere keuken, Ingrediënten: Wat gare soepgroenten-200g genipperd varkensvlees-2eetlepels room-zout-peper-2eetlepels paprikapasta. Lees verder »