suid-afrika

Hier kun je een subtitel plaatsen

SUID-AFRIKAANSE GEDIGTE EN WYSHEDE: Deel 1

Gedigte uit die volks-mond wat ek op my pad teengekom het op my weg deur Suid-Afrika.

LANGEHOVEN

‘n Gedig deur Langehoven

Dis die smorende vuur wat swaarkry,
En tog nie die kos kan gaarkry.
En die vrolike vlam wat klap en kraak,
Dis hy wat sy taak tot vermaklikheid maak,
En sy swaarkry met lekkerkry klaarkry.

Jy moet eers leer vertrou

Die mure druk my vas
en in my gedagtes warrel beelde van gisters wat was.
Ek wil skree, ek wil huil
en soms wens ek selfs die selfoon moet net lui.
Ek mis jou stem, ek mis jou so
die pyn is diep al sal jyself dit seker nooit glo.
Jou kinderverlede het jou onseker gelaat,
liefde en drome sal in jou lewe nie baat.
Jy sal nooit leer om onvoorwaardelik lief te he en te vertrou
selfs al is ‘n vrou met haar hele lewe aan jou getrou.
Die agterdog vreet jou binneste op,
ek wens vir jou part dit wil tog net stop.
Saam sou ons altyd gelukkig kon wees …
as jy net kon glo sou ons lewe soos ‘n kindersprokie lees.

Holderstebolder

groteske verbleikte gebeentes
le in die strafplaas gestrooi

na hierdie stikdonker gruwelkamer,
het jy jouself uitgenooi

so haglik, die gyselaar se sterwensnood
met soveel pyn en lyding, amper ongehoord

stapelgek het hierdie spilsieke mens
sommer holderstebolder, sy lewe weggewens

Elke naam hier op my lysie,
staan vir iemand wat my pad gekruis het
en elkeen van julle,
het my lewe op ‘n manier geraak.
Ja, elkeen van julle het op een of ander wyse,
‘n invloed op my lewe gehad,
en het dit nog steeds.
Al is ons nie altyd bewus
van die spesiale skakel wat bestaan nie,
raak die gebeure in mekaar se lewens
ons meer as wat ons besef of dink.
Moet daarom nie my insluit van jou naam
sien as blote roetine nie.
Nee, elke keer voeg ek elke naam dinkend in
Ek onthou jou meer dikwels as voor die tyd van e-pos
Want wanneer ek ‘n nota aan jou adres stuur
Is dit omdat ek aan jou dink met deernis en omgee.
Sommige van julle ken ek lank en goed –
en julle vir my.
Ander het ek slegs eenkeer ontmoet –
en onverwags besondere aanklank gevind.
Tog het jy dikwels ‘n aandeel aan wat ek dag tot dag beleef
En selfs aan die manier waarop ek die lewe ervaar.
Ons is in ‘n sin,
die totaal van almal wat ons deur die jare ontmoet
En vir julle is ek dankbaar
Ek verkies om julle te onthou.
Want ‘n vriend is kosbaar,
en dit het julle almal geword.
Baie dankie vir soveel kosbare vriende
wat ek op hierdie wyse bygekry het –
selfs ons kinders en familie het nou ons vriende geword!
Mag elke boodskap wat ons van mekaar kry,
die ander opbou, inspireer, bemoedig en versterk!

Om sielvol te kan lewe
ja dit is my heilige strewe
om ‘n instrument
van God te kan wees
al bring dit ook vir my menslike leed
wil ek na Sy wil lewe
en wil ek Hom prys in al my gebede

Aan almal wil ek vertel
van Sy Gees wat in my hart kom woon
al word daar ook op my geskel
heers daar in my vrede
geluk en krag wat ek van Hom ontvang
Van Hom die Skepper
van die heelal

Deur opreg te probeer lewe
kan jy volbring jou heilige strewe
om Sy kind te wees jou hele lewe
hoe soet is tog die wete
dat Hy het ook vir jou gesterf
dat jou sondes op Hom geneem is
en jy Sy kind is in heerlikheid
van nou tot in ewigheid!

“Watter kaart of watter ster sal ek jou wys
om veilig deur die grysland te reis?
Sal ek van God praat wat verdoem,
van Christus, en die Tien Gebooie noem?
Voorlopig dan, maar onthou altyd
aan jou dade grens ‘n ewigheid;
gee sin aan voorgeslagte deur die eeue heen,
besef jy is vegter weer van die begin, alleen,
en mag die Suiderkruis en Nagsterre witter
as die stedeligte in jou siel bly skitter.” – D J Opperman

My kind, ek kan jou die pad na die ewige lewe wys.
Maar ek kan hom nie vir jou loop nie!
Dit moet jy self doen.
Maar ek kan darem nog bid en wens.
Vrede vir jou my kind.
Mag jy dit in jou lewe nog geseend belewe.

AFRIKAANS, MY MOEDERTAAL

Taal verwoord ‘n Volk se diepste emosies
Veranker in die verlede, histories.
Vreugde, liefde, pyn en hartseer,
‘n bede tot God elke keer.
Taal is die voertuig waarin denke beweeg,
Dit les mens se dors, ‘n lewegewende teug,
Taalklanke baar ‘n melodie soet,
Helende balsem vir my Afrikaner gemoed.
O Moedertaal so ryk in verskeidenheid,
Leenwoorde, neologismes, vervat in beleid.
Foneties, klankryk, ‘n skat onbeperk,
Die Bybel is vertaal vir gebruik in die kerk.
‘n Monument ter ere van Afrikaans op Perelberg,
‘n kluitklap op die kis as die Digter sterf.
Wat het ‘n trotse Afrikaner om te erf ?
Die vryheid om sy taal te praat op eie werf.
Ons bring hulde aan ons Taal Afrikaans,
Wie weet, dis dalk ons laaste kans !
God seen ons land, ons volk, ons Taal,
Van die Kaap tot in Transvaal.

Ek sou

As ek haar maar net eenmaal
weer kan aanraak,
net naby haar kan wees,
my vingers deur haar hare streel

of saggies aan haar wang kan raak.
Doodstil op haar skoot gaan sit
of ned’rig by haar voete sit,
selfs net in haar skadu loop,

die liefste Moeder van my!

As ek maar net weer
haar stem kan hoor,
of haar skoonheid kan aanskou,
die grasie een vroulikheid –

so deel van haar!

Saam kan koekies bak
en kleinboet help dophou.
Sit en kyk as sy naaldwerk doen
of besig is om vir Paps ‘n nuwe trui te brei.

Net weer kan hoor sy’s lief vir my,
my toemaak in die aand,
langs my kniel, voor die Heer
en my ‘n drukkie gee.

‘n Sagte soentjie, baie liefde …
Ek sou wat wou gee om haar terug te he …

die liefste Moeder van my!

Maar wreed was die noodlot
en alleen het ek agtergebly.
Nege-jaartjies oud
en verby was my lewe vol goud!

Sy was alfa en omega vir my …
nou is sy ……

dood!

Die jaar is soos ‘n rivier wat in die see loop
of die laaste bietjie water wat oor is
voordat die bedding eindelik verdroog
en in die verlede van die oujaar verdor
die bietjie water, dit is Desembermaand.

Dit is asof ‘n mens besef dat daar saam
met hierdie maand ‘n laaste bietjie grasie
vir jou gegun is; voordat die eksamens
afgele word;
voordat die besighede sluit;
voordat daardie iemand vir wie jy nog
om verskoning moet gaan vra met
vakansie vertrek;
voordat daar nie meer geleentheid is
om daardie siekebesoek te doen wat jy
al so lank uitstel nie;
of daardie woordjie van aanmoediging te
rig wat so noodsaaklik is nie.

Miskien moes daar nog ‘n briefie van
deelname geskrywe word,
of ‘n klein nota aan haar wie se kind
‘n prestasies behaal het.
Daar is blomme in jou tuin
wat iemand anders kan bly maak.
daar is nog net ‘n klein bietjie tyd
om ‘n pakkie met noodsaaklike
kruideniersware by ‘n behoeftige
gesin te laat aflewer
sonder dat enigiemand hoef te weet
dat jy dit gestuur het..

‘n Kans gee U aan ons Here, om te besin
om ook dit wat die vloei van die stroom
tussen U en ons besoedel of geblokkeer
het, skoon en oop te maak.
Vergewe, Heer, maak dit reg
tussen U en U kinders.
Voorkom dat ons met ‘n skuldbalans
die nuwe jaar ingaan.
Het U nie self gese dat ons nie die
laste van gister en die kommer van more
ook nog vandag op ons skouers moet laai nie?

Soos die son die druppels weer opneem
en op ‘n ander plek laat uitsak,
so versamel U ons en stort ons uit
in ‘n nuwe stroompie.

Ons vind miskien nie meer dieselfde mense
saam met ons nie.
Sommige is weg.
Andere het bygekom.
Hoe weet ons dat U nie besluit het
om ons hierdie keer finaal agter te hou nie?

Daarom, Vader, skenk ons asseblief
die insig om Desember reg te gebruik
Want as die bedding reeds verdor het
het ons kanse verbygegaan
Hierlangs sal die stroompie
nooit weer vloei nie.

In Sondagklere uitgedos

hier in ons land van potjiekos
met phuthu-pap, week-na-week in sondagklere uitgedos
hier in ons land met skebengu’s en tsotsti’s
met affirmative action, word die witman, maar telkens uitgelos

hier in ons land van rugby en sokker
met brandewyn en coke, om ‘n saai dag op te helder
hier-en-daar waai die vierkleur nog hoog
terwyl swartes maar nogsteeds kort-kort toyi-toyi, en betoog

hier in ons land van armoede
en verswakkende rand
speel ou mandela, nogsteeds wanhopig gesant
terwyl die hartseervure van die verlede, nog hoog brand

hier in ons land van potjiekos
met phuthu-pap, week-na-week in sondagklere uitgedos
wonder mens maar soms,
het die Here ons dan nou heeltemal, uitgelos?

MA

Ma het nog altyd ‘n spesiale
manier gehad van dinge doen,
Ma het altyd geweet dis belangriker
om te luister as om te praat.
In Ma se wysheid, het Ma
nooit veroordeel nie…..
Almal het by Ma se
goedheid gebaat.
Ma het ons so baie geleer deur
die voorbeeld wat Ma gestel het,
Nooit gesoek na erkenning of
ooit dankbaarheid gevra nie…
Ma het altyd getroos met ‘n glimlag
en altyd, onvoorwaardelik
liefde gegee.
Al is die hele wereld vol van Ma’s
wat omgee en wat vir hulle gesinne tot
‘n groot seen is,
is daar nerens in die wereld ‘n
Ma wat meer geliefd en meer
wonderlik is as MA nie.
MET AL ONS LIEFDE

Verlore held
(na een selfmoord van ‘n bekende Suid-Afrikaanse musiekant)

Met sy Bluesband
gereformeerd…
het hy as kunstenaar,
skynbaar
ongedeerd
wel daagliks, skelm in sy alleenheid,
geween
Skyngeluk,
het nou, saam met die pyn,
skielik
verdwyn

Nou speel ‘n vreemde kerkorrel
‘n klaaglied vir ‘n siel,
vermorsel

Verlossing

hoe treffend
onheilspellend
magtig en
pragtig

drom die donkergrys
stormwolke saam
om met oorverdowende
rollende en kolkende gedreun

lewegewende water
vir ‘n barre dors land
aan te bied

Hoe anders?

hoe verwerk ‘n mens
die verlies van ‘n geliefde?
hoe verwerk ‘n mens
die ewige verwydering?
hoe gaan mens die toekoms
sonder die samesyn,
nou skielik soos niks,
verdwyn?
hoe verhoed mens
dat jy selfs daarna, wegkwyn?
hoe anders, dan, as met Sy
alomteenwoordigheid, wat nooit sal verdwyn!

DIE DORINGBOOM.

O doringboom, met jou goudgeeldrag,
Jy versier die Hoeveld met jou kleureprag.
Skakerings van groen en donker boombas,
Met dorings wat effektief by jou wapenrusting pas.
Uit jou geknakte stam drup helende gom,
Soos die genesing van binne af kom.
Mense wat opstaan in geloof in God,
Se lewe, sal soos geskryf staan, in hul oudag bot.
Geseende land, vrugbare aarde,
Ons het jou lief en besef jou waarde.
Jou koelte op ‘n warm somermiddag,
Skep rus en herwin ons lewenskrag.
Jou wortels veranker ons menswees, vas en seker,
Met dankbaarheid wat vloei uit ons beker.
O doringboom, dankie vir jou gewillige oor,
Jy is altyd daar om my kwellinge aan te hoor.
Versier ook my lewe met die vrugte van die Gees,
Sodat ek gehoorsaam aan my Skepper kan wees.

met of sonder

Halfhartig smeekbedel die straatarm
seuntjie om jou suinige aalmoes
Sy lewe deur die doodsvirus verwoes

Sonder ‘n moeder of vader,
moes hy maar geforseerd
ander haweloses vir hulp nader

Met, of sonder
jou suinigheid kom sy einde
in alle geval, die heeltyd, nader

GEDIG.

Met ‘n Bord in die son
– ‘n Gedig vir elkeen wat die keuse moet maak

Daar slaan nog ‘n lig nou groen
Ek’t niks meer vir ‘n lewe te doen
As met my bord in die pad te staan
Te wag vir die lig om na rooi te gaan

Ek vorseer my om niks te dink
Ek’t my gewete onherkenbaar vermink
Elke keer as ‘n stem my aankla
Kan ek hoogstens hierdie vraag vra:

Waarom het U o God my verlaat?
Verder keer ek myself te praat
Want dalk vind ek dan later uit
Dat God hier is, en ek hom stuit

Daar slaan nog ‘n lig nou groen
Ek’t niks meer met my lewe te doen
As met ‘n bord in die son te staan
Te wag vir die lig om na rooi te slaan

My hele lewe is ‘n mors van sweet
Magtig God wil van my nie weet
Maar die fout wat ek begaan
Is dat ‘n keuse my weg kan baan!

Waarom het U o God my verlaat?
Verder keer ek myself te praat
Moontlik vind ek te laat dit uit
Dat God hier was, en ek hom stuit

God is wel tot alles in staat
Die melkweg stop as Hy so praat!
Maar my siel kan Hy nie red
As Hy my keuse vir Jesus nie het

Waarom het U o God my laat baat?
Ek’t soveel jare teen U liefde gepraat
Ekstaties vind ek dit eind’lik uit
God wag vir my, ek moet self besluit!!

Maklik:

Ysigkoud sny winter regdeur,
verouderde been
Selfs verwarmer,
bied geen verweer
Selfs met dikke trui en baadjie opgetof,
dring die verwoede kou ongenadelik deur
Bibberende rillngs wat teen ruggraat opbeur,
tot by kromgetrekte skof
Sonder stry en ewige verwyt,
is dit egter maklik om die groue tyd,
te trotseer en die kou te laat verdwyn,
tot ons eendag, gelukkig vir altyd saam wegkwyn

-Tevredenheid is nie die vervulling van wat jy wil he nie, dit is die besef
van wat jy alreeds het.

-Nadat alles gese en gedoen is, is baie meer gese as gedoen.

-Gebruik die talente wat jy het; die woude sou min musiek he indien net die
voeltjies wat hul liedjies die beste sing, dit sou sing.

-Werklike vrygewigheid is om iets goed te doen vir iemand wie dit nooit sal
uitvind nie.

-Indien ons geen foute van ons eie gehad het nie, sou ons nie soveel plesier
geput het uit die foute van ander nie.

-Om haatdraend te wees, is soos om gif te neem en te hoop die ander persoon
gaan dood.

-Vermoe is dit waartoe jy in staat is. Motivering bepaal wat jy doen. Jou
houding bepaal hoe goed jy dit doen.

-Aanvaarding van wat gebeur het is die eerste stap om die nagevolge van
teenspoed te oorkom.

-Om ons lewens in perspektief te hou, het almal ‘n hond nodig wat vir ons
aanbid en ‘n kat wat vir ons ignoreer.

-Berge kan nie uitgeklim word behalwe met kronkelpaaie nie.

-Albert Einstein, dis nou die Albert Einstein, het gese:

Daar is twee maniere om jou lewe te leef. Een is asof daar geen wonderwerke
is nie. Die ander is asof alles ‘n wonderwerk is.

-Langenhoven het gese:

Moenie met jou agterkant na iemand toe aankom nie. Netnou dink hy jy lyk
reg rondom so.

-Indien ons geen winter gehad het nie, sou die lente nie so aangenaam gewees
het nie. Indien ons nie soms teenspoed ervaar het nie, sou welvaart nie so
welkom wees nie.

-Al is jy op die regte spoor, sal jy omgery word indien jy net daar sit.

-Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie. ‘n Mens wat met oe vol trane
na die lewe kyk, sien in alles ?n reenboogglans wat vir ander onsigbaar
is. Om die lig na waarde te skat, moet jy ook weet hoe donker dit kan
wees… En om uiteindelik by die reenboog uit te kom, moet jy ook trane
ken. In elke ervaring, elke stukkie van die lewe is daar iets om voor
dankbaar te wees. Maak jou hart en oe oop vir al die mooi dinge wat die
lewe bied, want daarin is salf vir die seer.

-Moet nooit ‘n deur vir ewig toemaak nie, dit mag dalk net wees dat jy dit
weer wil gebruik.

-Ouderdom mag plooie op die gesig laat, maar ‘n gebrek aan geesdrif laat
plooie op die siel.

-As jy nie van iemand hou nie, doen hom ‘n weldaad, daarna sal jy hom liefhe.

-Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie. ‘n Mens wat met oe vol trane
na die lewe kyk, sien in alles ?n reenboogglans wat vir ander onsigbaar
is. Om die lig na waarde te skat, moet jy ook weet hoe donker dit kan
wees… En om uiteindelik by die reenboog uit te kom, moet jy ook trane
ken. In elke ervaring, elke stukkie van die lewe is daar iets om voor
dankbaar te wees. Maak jou hart en oe oop vir al die mooi dinge wat die
lewe bied, want daarin is salf vir die seer.

-Moenie bang wees vir skaduwees nie. Dit is ‘n aanduiding dat daar erens naby ook ‘n lig is.

-Om lief te he en om lief gehe te word, is soos om die son te voel van beide kante af.

-Behandel mense asof hulle is wat hulle behoort te wees en jy help hulle om te word wat hulle in staat is om te word.

-Soms beteken die meerderheid net dat al die gekke aan dieselfde kant is.

-Nege tiendes van ons ellendes word veroorsaak deur ander mense wat nie soveel van ons dink as wat ons dink hulle behoort nie.

-Sommige mense sien dinge soos dit is en se “waarom?”. Ander droom dinge wat nie bestaan nie en vra “waarom nie?”

-Die geheim vir ‘n gelukkige lewe is nie om te doen waarvan jy hou nie, maar om te hou waarvan jy doen.

-Vergifnis verander nie die verlede nie, maar dit verhef jou toekoms.

-Begin deur te doen wat nodig is, dan wat moontlik is en meteens doen jy die onmoontlike.

-Tuis is nie waar jy bly nie, maar waar jy verstaan word. So, koester diegene wie jou verstaan en aanvaar..

-Hou jou woorde altyd soet en aangenaam vir in geval jy jou woorde moet sluk.

-Ware vriendskap is soos goeie gesondheid, die waarde daarvan word selde besef totdat dit verlore is.

-Aanhoudende poging, nie krag of intelligensie nie, is die sleutel om ons potensiaal te ontsluit.

-Die probleem met leer uit ondervinding is dat die toets eerste gebeur en die les daarna.

-Dit is nie wat ons ontvang nie, maar wat ons gee, wat die maatstaf is van ons lewe.

-Vroue wil middelmatige mans he en mans werk hard daaraan om so middelmatig as moontlik te wees.

-As ‘n vrou ‘n pruimedant word, pluk haar man vir hom ‘n pruimbloeisel. – Chinese gesegde

-Die geheim van voortuitgang, is om te begin.

-Kommer laat nie more se sorge verdwyn nie, dit laat die krag uit vandag verdwyn.

-Oom Albert Einstein van ouds het gese: Verbeelding is belangriker as kennis.

-Die hoeveelheid tevredenheid wat jy uit die lewe kry, hang hoofsaaklik af van jou eie vernuf, selfgenoegsaamheid en
vernuf. Mense wat wag op die lewe om hul tevredenheid te verskaf vind in stede daarvan gewoonlik verveling.

-Dit is beter om alleen te wees, as om in die verkeerde geselskap te wees!

-Moenie bid vir take gelykstaande aan jou krag nie, bid vir krag gelykstaande aan jou take.

-Niks wat die moeite werd is gebeur gou en maklik nie. Jy presteer indien jy vasberade is om te presteer en deur uit te hou totdat jy presteer het.

-Wanneer ‘n kind huil in die groot nag van die lewe, moet jy met ‘n kers na hom toe stap, en nie met ‘n lat nie.

– ‘n Lewe met liefde sal dorings he, maar ‘n lewe sonder liefde sal geen rose he nie.

Maklik:

Ysigkoud sny winter regdeur,
verouderde been
Selfs verwarmer,
bied geen verweer
Selfs met dikke trui en baadjie opgetof,
dring die verwoede kou ongenadelik deur
Bibberende rillngs wat teen ruggraat opbeur,
tot by kromgetrekte skof
Sonder stry en ewige verwyt,
is dit egter maklik om die groue tyd,
te trotseer en die kou te laat verdwyn,
tot ons eendag, gelukkig vir altyd saam wegkwyn

WAT MAAK VET…..?

Al die lekker souse, die bredies en die pap,
al die stukkies vet in elke hap!
Koeke, terte en vleispasteie,
alles wat die oe sien, al die lekkernye!
My klere span – my broek bars uit sy nate –
ek voel so selfbewus en verlate!
O! die ewige stryd met die dieet –
alles wat ek sien wil ek net (vr)eet!
Die drang na kos wil my nie los –
soos ‘n roofdier se lus na vleis – in die bos!
Ek kry myself jammer – ek kan myself nie keer,
die eetlus kan ek glad nie ignoreer!
Die tuisnywerheid is onweerstaanbaar –
hoekom moet ek net koek eet as ek verjaar?
Varsgebakte brode, konfyt en smere –
my mond kwyl en my maagsappe gaan te kere!
Ek wurg aan rou groete en blare – ‘n nagmerrie droom!
ek soek kaas, soetgoed, stysel en room.
Om nie te praat van die heerlike braaivleis –
en die geurige bobotie in die plaaskombuis!
Wie se vet is teen die wet?
Ek slaap lekker op my eie dubbelbed!

DIE HUWELIK:

Die Wonder Van Die Huwelik
En Liefdemag!
Die huwelik is die vervulling van
Alles wat twee verliefdes beplan.
Dis ‘n droom, verruklik, betowerend waar,
Wat verliefdes bevoorreg is om te ervaar,
Maar die brose verliefdheid wat hart en hart
Tot een saamgevoeg het, is net maar ‘n part
Van die skoonheid, die wonderwerkende krag
En ontplooiing van die Liefdesmag;
Want, slegs na jare van saam te verkeer,
Deur mekaar by te staan in enige weer:
Die slegte, die goeie, die vreugde of pyn,
Selfs as daar onweerswolke verskyn,
Word getroude paartjies gevorm en geleer
Om elke stormwind saam te trotseer.
Dis dan wat verliefdheid vervang moet word
Deur die Liefde wat nooit nie in duie kan stort,
Want verliefdheid kan slegs maar ten dele wees
Maar Liefde is Eenheid van Liggaam en Gees.

Mag julle in hierdie huwelik
soos die twee roeispane van die wenboot
in die Bergrivier kanowedvaart wees!
‘n Wonderlike huwelik toegewens!

AAN MY VRIENDE:

Vriendskap is soos die natuur. Soms waai ons by mekaar verby sonder om te stop en te vra hoekom die ander so verkreukeld lyk.

Die lewe se wind dra ons weg met ‘n oppervlakkige “Goed dankie” en “Sien jou later”. Soms sien ons eers baie later die rypskade aan die ander se brose binneste en wonder ons hoekom het ons nie al lankal gevra nie.

Soms sien ons net die lentekleur raak op ‘n gesig en is ons nie eers bewus van die wurm wat aan sy/haar binneste vreet nie.

Soms wonder ons of dit net die wind is wat hom/haar wegbuig van ons af en of dit dalk die stingeltjie self is wat sy stokstywe ruggie op jou draai.

Pluk iemand ons vir ‘n ruiker uit God se tuin, wriemel ons weg van mekaar. Roos se dorings steek te seer en papawer wil mos langs niemand wees nie! Koringblommetjies kruip weg van skaamte oor haar kartelhoede en hibuskus wonder of almal weet van haar verlede.

Intussen vergeet ons dat die Here afkyk op sy tuin en net pragtige blomme sien. Almal is ewe mooi, ewe kosbaar, ewe goed in sy oe.

VERGEWE MY daarom as ek by jou verbygewaai het op ‘n herfsoggend en nie jou hand gevat het in die sonlig nie.

VERGEWE MY as ek op ‘n wintersoggend nie vir jou ‘n trooskombersie van woorde wou oorgooi teen die rypskade nie.

VERGEWE MY as ek op ‘n lenteoggend selfsugtig met my eie nuwe blare loop en spog het en nie die kneusplekkies aan jou stingeltjie gesien het nie.

VERGEWE MY as ek op ‘n warm somersdag nie vir jou ‘n tydjie gemaak het nie, omdat ek te besig was, selfs te veel gekla het, te haastig was om aan jou die koelte van my vriendskap te bied.

WEET DUS DAT EK DAAR IS VIR JOU.

LEKKER DINGE:

Gebakte aartappels, pampoen, rys en gebraaide vleis!
lekker beesfilette so uit die paradys!
Die aromatiese geur van gemaalde koffiebone –
laat my sommer lekkerkry tot in my tone!
Heerlike nagereg met vars vrugte en styfgeklitste room –
heerlike soetgoed om van te droom!
Lui-lekker dae op die strand –
in die sonnetjie le en bruin brand!
‘n Lekker glasie soetwyn, ja – Hanepoot!
of agter die sirkelstuur van ‘n luukse seilboot!
Hulle se “plesier is nes ‘n jong komkommer –
pluk jy hom dan verlep hy sommer!”
Ek stem glad nie saam!
Lekker dinge is lekker – dit sal jy beaam!
Laat slaap en ontspan uit roetine en alledaagse sleurwerk –
vermy alles wat jou vryheid beperk!
Hulle se geld kan nie gesondheid of geluk koop –
maar dit maak dit moontlik om op ‘n rustige oudag te hoop!
Almal wens vir vrede, geluk en voorspoed –
onbesorg, geborge en op vrye voet!
Wat is lekkerder as ‘n geseende huwelik ?
‘n lewensmaat, aanpasbaar, objektief, liefdevol, wonderlik!
Nee wag, hou maar al die bo-genoemde goed! -laat ek besin –
Haar waarde is ver bo korale, diamante of goud –
die dierbare vrou wat ek bemin!

MONOLOOG

Ek ontmoet jou elke nuwe more in die badkamerspieel se weerkaatsing-
dan praat ons saam en wonder wat hierdie dag gaan bring.
Ek sien jou soos jy is- hoe jy verouder,
al die tekens is daar- dit maak my benouder!
Ons twee staan in verhouding tot mekaar-
groet saam die oujaar en verwelkom elke nuwe jaar!
Ons deel in mekaar se vreugde en pyn-
as dit reen- of as die son skyn!
Ons albei weet wat is reg en verkeerd-
jou oe is die vensters van ons siel- dit moet jy weet!
Ons deel ‘n gesamentlike gewete-
hy herinner ons aan dinge lank reeds vergete.
Jou gedagtes is ook aan my bekend-
ook die dinge wat jy doen om jou gees te skend!
Kom ons besluit saam om te vergewe-
ervaar ons vryheid en ‘n nuwe lewe!

In elke dag is daar vreugde om te ontgin.

Elke dag……kom die son weer op.
Elke dag……is uniek, onherhaalbaar.
Elke dag……is ‘n stryd.
Elke dag……is mooi.
Elke dag……kan ‘n krisis bring.
Elke dag……is ‘n geskenk.
Elke dag……moet sinvol deurleef word.
Elke dag……bring stof tot dankbaarheid.
Elke dag……kan my laaste wees.

SOMMER SO HIERVAN EN DAARVAN:

DIt maak nie saak watter maand van die jaar dit is nie, maar daar is altyd reuke in die lug wat herinneringe bring en jou mens laat voel.

Doen meer as net bestaan . . . lewe!

Doen meer as net aanraak . . . voel!

Doen meer as net kyk . . . sien!

Doen meer as net hoor . . . luister!

Doen meer as net praat . . . se iets!

Doen meer as net ruik . . . Geniet dit!

Jy kom regtig agter dat jy besig is om oud te word wanneer jy afbuk om jou skoene vas te maak en jy wonder wat jy sommer terselfdertyd kan doen terwyl jy daar onder is.

Ons kies . . .
Ons kies hoe ons sal lewe;
moedig of papbroekig,
eerbaar of oneerbaar,
doelgerig of doelloos.
Ons besluit wat belangrik
en onbelangrik in die lewe is.
Ons besluit dat, wat ons lewe sinryk maak,
is wat ons doen of weier om te doen . . .
ONS BESLUIT.
ONS KIES.
En soos ons kies en soos ons besluit,
vorm ons ons lewe. . .

As jy iets liefhet, laat dit vry
As dit terugkom, het jy dit nie verloor nie,
As dit verdwyn en nooit weer terugkom nie,
Dan het jy dit in die eerste plek nooit werklik besit nie.
En as dit net daar sit en televisie kyk,
En nie eers daarvan bewus is dat dit vry is nie,
Is jy waarskynlik reeds daarmee getroud.

‘n Volmaakte vrou is een wat nie ‘n volmaakte man verwag nie.

Vandag is die more waaroor jy jou gister bekommer het, en alles is piekfyn.

OORDENKING:

As my een gram argument
Teen Sy tonne waarheid praat
En my sentimeter sentiment
Sy ligjaarpassie wil verlaat
En my drie-desibel gil
Teen Sy donderfluister skree
Dan word ek skielik stil
En my ongeloof gee mee

As my een emmer sonde
In Sy oseaan genade val
En my vyf krummels honger
Sy lewensbrood ontvang
En my sewe grade slimheid
Voor Sy grootheid dom gaan staan
Dan staan ek stom in stilheid
En ek hoor ‘n Skepper praat

As my tien-traan doodsdepressie
Hoor van “Lasarus kom uit!”
En by my stormsterkte kwessie
Slaap ‘n Redder in my skuit
En my verdwaalde wegkruip
Word Sy raaksien en kom haal
Dan moet ek nederig opkyk
Na die OUTEUR van my verhaal

Dan moet ek glo, al roep die twyfel
Dan moet ek glo, al se die sonde kom
Al sou ‘n duisend paaie uitroep
Net een pad lei na HOM!!

Daar is ‘n gediggie wat se:

As ek geweet het dis die laaste keer
dat ek jou aan die slaap sou sien raak,
sou ek meer moeite gedoen het
om jou warm toe te maak.
As ek geweet het dis die laaste keer
wat ek jou by die deur sien uitloop,
sou ek jou gedruk en gesoen het –
en jou teruggeroep het vir nog ‘n drukkie.
As ek geweet het dis die laaste keer
dat ek jou stem sou hoor,
sou ek dit op band opgeneem
het sodat ek dit weer en weer kon speel.

Ons leef so asof daar nog baie tyd oor is om alles te doen wat ons graag wil .. maar se nou vandag was die laaste kans!

Die Bybel se: ons is maar ‘n damp wat ‘n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn.

Kom ons maak vandag tyd om te se:

‘Ek is jammer’ of
‘dankie’ of ‘ek waardeer jou’
of ‘ek is so lief vir jou’!

As more dalk nie daar is nie, kom ons leef vandag voluit!
Waardeer vandag die mense rondom jou.
Hou vandag jou dierbares styf vas en fluister in sy of haar oor:
Jy is baie spesiaal – en ek is lief vir jou!

Maak vandag die beste gebruik van elke geleentheid wat oor jou pad kom!

NIMLIKE NAGTEGAAL

Sy was serebraalgestrem, ‘n hemipleeg,
haar linkerbeen was kort en skeef!
Maar haar liggaamsgebrek het haar nie gekeer,
om hard te studeer en te presteer!
Sy was veelsydig en uiters talentvol,
haar stem was suiwer en in die kol!
As jong sopraan het sy talle trofee verower,
met haar hoe register het sy gehore betower!
Operarolle is sy veelvuldig aangebied,
haar vertolking was meesterlik van veral die kunslied!
Haar ouers was geskei, ‘n hartseerverhaal,
het dit nie miskien haar ambisie bepaal?
As sy van liefde sing en versoening,
sou dit haar ouers weer bymekaar bring?
Toe sy die kruin van haar sangloopbaan bereik,
groot was haar verbasing toe sy na ‘n konsert opkyk!
Haar pa en haar ma, staan hand aan hand –
en aan haar moeder se vinger – ‘n troupand!
Aanhouer wen en oorwin jou gebrek,
Dis God se liefde wat versoen en foute oordek!

TUINPALET

Veelkleurige spreideken-lappieskombers,
reenboogkleure, donkerpers!
Heerlike geure en vars aromas,
klip, grond en bruin boombas!
Blomkelke en knoprose,
Ragfyn varinkies, geel appelkose.
Grondbedekkers en grasperk,
skadukolle met tuinbeddings uitgemerk!
‘n Kabbelende stroompie vloei vrolik voort,
voelgesang wat geheime verklap in die boord!
Geel affodille en bloedrooi malvas,
kolle bespat met ‘n verfkwas!
Statige eike pryk roerloos,
jasmyn, katjiepiering en framboos.
Spel van lig en donkerwolke,
swaardlelies met vlamrooi dolke.
Die tuinier spit, snoei, plant en hark-
met trots in hierdie pragtige park!

Een mens lijdt het meest
door het lijden dat hij vreest,
doch dat nooit op zal dagen.
Zo heeft men meer te dragen,
dan God te dragen geeft.

Het leed dat is, drukt niet zo zwaar
als vrees voor allerlei gevaar.
Maar komt het eens in huis,
dan helpt de Heere altijd weer,
en geeft Hij kracht naar kruis.

POLITIEKE POTPOURRI

Een mens, een stem-
dis voor die hand liggend, voorspelbaar, wie gaan wen!
Politici belowe die kiesers die son en die maan en die sterre!
die ongeletterdes, oningeligdes en onkundiges is in die meerderheid, by verre!
Soort hoort by soort – maar dis rassisme,
armes is sosialiste – rykes is kapitaliste!
Twee derde meerderheid in die slapende parlement,
dit maak nie saak of hulle menseregte skend!
Die Vryheidsfront veg steeds die eerste Vryheidsoorlog,
Die Demokratiese Alliansie draai sy mantel na die wind – ‘n Jood in nood – en praat bog!
Die Onafhanklike dramatiese Demokrate van Patricia de Lill,
se vuurvreterpraatjies sweep die massas op teen hulle wil!
Die PAC se steeds:”Jaag die wittes in die see!”,
Die ANC belowe werkskepping, yskaste, stowe en huise – eerder ‘n wapenskandaal – wat hulle steeds nie kan gee!
Die NNP – glo steeds in ruilhandel – dans en vry na die vetgesmeerde Strandlopers en Hottentotte –
die ‘veiligste’ plek is die Kaap van Storms – bou maar julle vlotte!
Nee wat, die sonskynland is ‘n tipiese potjiekos –
waar kry ‘n mens ‘n ordentlike stukkie vleis tussen al die gemors ?

KRUISPADKEUSES

‘n Kruispad dwing jou om ‘n keuse te maak!
die vurk in die pad is net so ‘n belangrike saak!
Die volgende voorbeelde is aan almal bekend:
Reg of verkeerd ? – die hemel of die hel ?
wat is dit waaroor ek my elke dag kwel ?
My woorde en dade het sulke verrykende gevolge,
woorde versigtig gekies is soos appels op silwer skinkborde!
Leer ek uit die foute van my verlede ?
of beleef ek dieselfde frustrasies in die hede ?
In myself is geen volmaaktheid-
want ek se en doen dinge tot my spyt!
“die liefde bedek alles, glo alles, hoop alles en verdra alles!”
Sonder liefde is ek ‘n klinkende metaal-
so wanklankig soos ‘n galmende simbaal!
“Die liefde is nie liggeraak nie! –
dit hou ook nie boek van die kwaad nie! ”
Die Woord help my om ‘n kruispadkeuse te maak-
betroubare advies in elke saak !
Sy Goddelike Teenwoordigheid is die verkeerslig in my lewe-
Sy wil is my hoogste doel en strewe.

DIE SIN VAN DIE LEWE

Die lewe is ‘n lied
Maar soms is daar te veel verdriet

Een oomblik nog rustig
Die volgende oomblik is alles mistig

En ek wonder oor die bestaan van die mens
Waarom kry ‘n mens net een wens?

Die doel van my bestaan voel so onwerklik
Soms so ongedaan

Sal ek ooit verstaan waarheen ek op pad is
As ek nie eers verstaan waar my hart is

As alles om jou swart is
Kyk opnuut na waar jou hart is

Die liefde is die begin en dan maak die einde skielik sin
Is dit dan te laat o mens vir ‘n weer begin
Of is die einde van die liefde dan juis die sin??

4 Reacties

  1. Lachen hoor met jou
    Bedankt maar weer
    Groetjes Lucy

  2. Ik neem ze mee naar mijn pagina.
    Groetjes, Carin.

  3. Jy moet eers leer vertrou

    Die mure druk my vas
    en in my gedagtes warrel beelde van gisters wat was.
    Ek wil skree, ek wil huil
    en soms wens ek selfs die selfoon moet net lui.
    Ek mis jou stem, ek mis jou so
    die pyn is diep al sal jyself dit seker nooit glo.
    Jou kinderverlede het jou onseker gelaat,
    liefde en drome sal in jou lewe nie baat.
    Jy sal nooit leer om onvoorwaardelik lief te he en te vertrou
    selfs al is ‘n vrou met haar hele lewe aan jou getrou.
    Die agterdog vreet jou binneste op,
    ek wens vir jou part dit wil tog net stop.
    Saam sou ons altyd gelukkig kon wees …
    as jy net kon glo sou ons lewe soos ‘n kindersprokie lees.

Geef een reactie

© 2014 Smultalk

.Naar boven ↑