Wat is in ′n naam

Hier volg ‘n paar name wat een ding sê en iets heel anders bedoel. Ek sit die Engelse benaming in hakkies. - Pienk Peperkorrels (Pink Peppercorns) is nie peper nie maar wel sade van ‘n roos plant in Madagaskar. Peper korrels is gewoonlik groen, wat of swart afhangende van hoe ryp hulle is.
– Wilde Rys (Wild Rice) is eintelik nie ‘n rys nie maar wel ‘n grassoort.
– Karringmelk (Buttermilk) bevat geen botter nie, maar is die vloeistof wat oorbly na botter gemaak word. Deesdae word daar spesiale bakterieë by melk gevoeg om karringmelk te kry.
– Kop Kaas (Head cheese) is nie een of ander soort kaas nie maar wel ‘n tipe wors wat gemaak word van die skaapkop se vleis.
– Berg Oesters (Mountain Oysters) is nie oesters nie maar wel die peertjies van ‘n kalf of skaap.
– Allspice is nie ‘n versameling van speserye nie, maar wel een spesery wat gebruik word. Dit word so genoem omdat dit proe asof dit naeltjies en kaneel is wat gemeng is.
– Boston Room pastei (Boston Cream Pie) is nie ‘n room pastei nie maar dit is ‘n doodgewone sponskoek met ‘n vla vulsel.
– 2% Melk beteken nie dat 98% van die vet uit die melk verwyder is nie. Gewone melk bevat 4% vet. So as die melk 2% vet inhoud het beteken dit slegs 50% van die vet uit die melk verwyder is.
– Wit sjokolade is nie sjokolade nie maar slegs die natuurlike plantaardige vet wat in die kakao boon gevind word.
– Hamburgers word natuurlik nie van ham gemaak nie.
– Bombay Duck is nie ‘n eend nie maar wel gedroogde vis.
– Monkey Gland sous word van blatjang gemaak en nie die kliere van ape nie.
– Biltong word nie van die tong van bulle gemaak nie. Dit word net so genoem omdat die biltong gesny word in ‘n vorm wat dit laat lyk asof dit ‘n bees (bul) tong is.

6 Reacties

  1. Wat leuk om te lezen, bedankt voor dit leuke artikel, groetjes Susan

  2. Superleuk en heerlijk om dat Afrikaans te lezen.

  3. Wat een leuk artikel Deon, dank je wel. Groetjes, Louise

  4. Leuk artikel Deon bedankt
    groetjes Karina

  5. Leuk, vooral zo in het Afrikaans met Engels in hakkies (is niet gehakt). fijn weekend, Roger

  6. Deze keer is het gelukt. Dank je wel Deon.

Geef een reactie