Braaivleis in suid-afrika


`n Suid-Afrikaanse BBQ NATUURLIKE INSTINK
Alle Suid-Afrikaners van watter kleur dan ook, is gebore met n natuurlike instink om n vuurtjie te maak. Dit is ook nie snaaks nie as jy dink dat Suid-Afrikaners gemiddeld ten minste een keer op n naweek braai en baie mense doen dit self twee keer. Winter of somer gebeur dit (met 85% sonskyn per jaar kan dit) en dan help die seuns al val kleins af om te help braai en die vuur op te bou. Vroeer was dit n trent dat die vroue die resepte klaar gemaak het en dat die manne dan braai, maar jy sien die laaste jare al hoe meer dat die manne nou self wil leer kook en dit as n baie ernstige manier is om te laat sien hoe goed hy dit kan doen. Sy trots om byvoorbeeld n resep klaar te maak waar almal AMEN op se… lag. Oor die hele Suid-Afrika word daar selfs braaivleis en potjiekos wedstryde gehou en met oorheersend manne wat deelneem. n Soort van emansipasie, nie dat die vroue nou baie keuse gehad het nie, hulle moes maar. En ja, of die bediende of die vrou moet nog steeds die opwas(afwas) doen in die meeste gevalle.

BYKOSSE
Meeste kere is dit so dat wanneer jy in Transvaal woon(noorde), ken jy mieliepap. Dit kan nou wees krummelpap, stywe pap of slap pap. Dit kan wees vir ontbyt, saam met braaivleis of wat ook al die maaltyd. Bly jy in die Kaap is dit weer snoek en moskonfyt met boerebrood so lekker uitgerys.
Braaivleis word geeet met mieliepap, sosaties, potbrood, roosterkoek, en moet asseblief nie die slaphakskeentjies (die klein uitjies) vergeet nie. Sien maar hieronder wat jy lekker vind.

WATTER HOUT GEBRUIK SUID-AFRIKANERS VIR BRAAIVLEIS:
Ek kom uit die suide van Suid-Afrika(wes-kaap/boland) en daar sit die mense natuurlik in die middel van die wyn-wereld. en daar is die beste braaivleis hout wingerd stompies. Hulle gloei die langste van alle houtsoorte wat ek ken en is maklik om te kry omdat wingerd stokke maar hooguit 80 jaar oud word en dan moet daar weer nuwe stokke geplant word. So die ou stompies word dan vir braai gebruik. Meer na die noorde van Suid-Afrika word meer rooiels hout gebruik, wat ook n harde soort hout is en baie lank kan brand.
En dan het jy ook nog die mense uit die stede en sub-urbs wat sommer met houtskool braai.

WATTER ROOSTERS GEBRUIK SUID-AFRIKANERS OM OP TE BRAAI:

Die een is n halwe oliedrom in die lengte deurgesny.

Of soos die een waar n ploegskaar gebruik word. Die rooster is ook verstelbaar.

En boere wors en tjops(karbonade) word natuurlik in n rooster gebraai wat vasgesit kan word by die steel en kan jy dus met n handomdraai die anderkant rooster sonder dat bv. die wors uit mekaar val. Op die manier kan jy ook natuurlik toebroodjies op die kole rooster. En n lekker stukkie vis gevul met tamaties en uie… so bly alles mos bymekaar.

Handige Gereedskap by die braai:
– n Stok om in die kole te roer en so die hitte te kan reel.
– n Stewige vleistang om die vleis mee om te kan draai.
– n Bakkie met water om vlam te blus vir as die afdruppende vet ontvlam.
– n Kasserol metaal pan met deksel om vleis warm te hou as dit klaar is, so lanks die kant van die rooster. Met die deksel so 1/4 oop om die damp weg te laat gaan. (anders gaan die vleis stoof en taai word as dit toe is)

HOE BRAAI N MENS VLEIS
1. Opstel:
Plaas houtskool of dun stukkies hout in die braai. Jy kan `lighting bricks` of ou koerantpapier gebruik. Steek die vuur aan. Moet nooit petrol of ander brandstowwe oor die vlamme gooi nie. Dis gevaarlik en kan moontlik n onaangename smaak aan die kos gee.
2. Die perfekte hitte:
Wag totdat die kole grys-wit gebrand is. Dit kan enigiets van 30 minute na n uur neem – afhangende van die tipe hout, die buitelug temperatuur, die klammigheid in die hout en natuurlik die hoeveelheid hout. Teen hierdie tyd is die hout goed deurgebrand en die hitte eweredig versprei.
3. Kook:
Plaas nou die kos op die rooster. Die kos behoort nie te brand nie. Gebrande, swart kos is die gevolg van kole wat nie reg warm is nie. Hou vetterige kosse soos wors, burgers, vark, ribbetjie en selfs hoender goed dop. Vetterigheid of olie wat van hierdie vleissoorte drup vergroot die vlamme en kan die vleis laat brand of selfs n nasmaak aan die kos gee.
4. Bedek:
Al ooit probeer om die rooster met vleis en al daarop te bedek? Probeer gerus! Hou egter effens oop sodat die rook kan trek. Die metode gee aan die vleis n smaak van sy eie, hou die kole langer warm en help ook om die hitte eweredig te versprei.
5. Smaak/geure:
Kruie dra altyd by tot n lekker smaak. Eksperimenteer! Klein panne of selfs potte kan oor die kole gebruik word (versigtig net met plastiek handvatsels) om lekker souse te maak. Jy kan selfs uie of ander kossoorte in n pan oor die kole gaarmaak. Gebruik jou verbeelding.
Ek sit ook sommer die klaar gebraaide vleis in n bak (moenie dig toemaak nie anders stoom die vleis) en hou die bak oor die kole. So bly die vleis warm en behou dit die braaivleis smaak.
Belangrike ding van braai: GENIET DIT en moenie jaag nie! En onthou: byna alles wat op die stoof in die kombuis gaar gemaak word, kan op die vuur gaar gemaak word!
Zout bij vleis:
Onthou om die sout eers by die vleis te gooi nadat die vleis halfpad gaar gemaak is. Sout is geneig om die souse uit rou vleis te trek en selfs om die bruinbraai van vleis te vertraag.

WATTER SOORT VLEIS EN VIS WORD GEBRAAI:

RESEPTE:

SOSATIES
Bestanddele:
1kg lambsbout in stukken van 2 1/2X2 1/2cm stukke – 1kg varkensbraadstuk(ietsie vet en doorregen vleis) in stukke – 1kg ossenhaas(of ander steak soorte)in stukke – 3 grote uie in halwe ringe – 2 e margarine – 1 vol e kerriepoeier – 1 vol t kurkuma(geelwortel) – 2 e suiker – 1 e bloem – 400ml azijn 100ml water – 1/2 kop gaargestoofde gedroogde appelkose(abrikozen) – 3 suurlemoenblare(citroenbladeren)(toko) – 6 t sout(5 t word gebruikt nadat vlees gaar is) – 1 1/2 vol t vars gemalen peper – sate penne.
Metode:
– doen ui in pan en kook met ietsie water tot net gaar en glaserig maar nog stewig – dreineer vog van ui en braai uie ietsie bruin in 2 e margarine,laat ui nou afkoel -voeg 100ml water bij en stoof de uie tot heeltemal sag -meng kerrie,bloem,geelwortel,suiker,1 t zout en azijn met die ui mengsel -voeg appelkose ook erbij – kook 3 min. en laat afkoel -doen gekneusde suurlemoen blare en peper by – doen vlees bij en meng goed – laat 2 volle dagen op koel plek staan en roer af en toe – doen vleis aan penne om en om en braai oor kolen tot mooi bruin en gaar – strooi sout presies voor einde van braai-tyd daaroor – verwarm marinade en serveer met sosaties (die sous kan ook vir lamskotolette gebruik word, maar dan 1 dag marineer)
lekker in combinatie met aardappelsalade

SOSATIES MET MELKMARINADE
Bestanddele:
1kg lamsbout of hamlappe in stukkes van 5X5cm stukies – 2 gekneus suurlemoenblare (citroenbladeren) – 125ml melk – 1 huisie knoffel plat geslaan – 1 ui fyn – 2 vol t zout – 1/2 t peper
Metode:
meng alle bestanddele saam en laat vleis ten minste 12 uur marineer -rooster op kole.

SOSATIES MET WITWYN
Bestanddele:
1.5kg hamlappen in blokkies van 2 1/2cm – 1.5kg lamsbout in blokkies – 500g ontbyt spek in plakkies van 2 1/2cm X 1/2cm dik – 150g gedroogde appelkose(aprikozen) in smal reepies – flou swart tee – 1kg uie in halwe ringe – 500ml asyn – 30g bruin suiker – 100ml olie – 1 e kerriepoeier – 2 t gekneus peperkorrels – 500ml wit wyn – 30g appelkooskonfeit(abrikozenjam)
Metode:
-week appelkose overnag in tee en dreineeer -sorteer uie in olie en skep uit pan -bak kerriepoeier en peperkorrels aan -voeg ander bestanddele daarbij en laat ietsie kook -doen uie weer by en laat afkoel -marineer vleis 24 uur in marinade -steek vleis om en om van soort, aan penne en rooster op matig vuur.

OOPGEVLEKTE LAMSBOUT OP DIE KOLE
Bestanddele:
2-2 1/2 kg lamsbout – 250ml sonneblomolie – 125 ml Worcestersaus – 1/2 t tobasco of sambal – 2 vol t mosterdpoeier – 4-5 t sout – 1 vol t fyn salie – 1 vol t basilicum – 125 ml rooiwyn – 4 huisies knoffel fyn/1 t smaakmaker(vestjin of koeksoda)/1 pakkie knoffel biefstuk marinade(liefs van Knorr)
Metode:
-Meng alles en laat de vleis minstens een dag in marinade marineren.Keer vleis af en toe en bedruip dit met marinade…
Bereidingswyse: Braai op op rooster tot gaar af en toe keer en bedruip met marinade -as die vleis 3/4 gaar is die sout daaroor strooi.

BOEREWORS RESEP
Bestanddele:
5kg beesvleis(lende) – 1kg varkvleis – 1,5kg wit varkspek – 60ml sout – 15ml peper – 45 ml fyn koljander(koreander) – 15ml fyn naeltjies(kruidnagel) – 25 ml fyn piment – 7,5ml fyn neutmuskaat – 190ml asyn – worsderm
Metode:
-sny die vleis in blokkies van sowat 2cm x 2cm -verwyder al die senings en meng die vleis -sny die spek in dobbelsteentjies Bedek die tafel of werkoppervlak met plastiek en sprei die vleistukkies daarop uit -meng die sout, peper en speserye en strooi dit oor die vleis -prinkle die asyn oor. Sit die mengsel in ?n vleisskottel en laat dit 10 tot 15min staan -maal al die vleis en voeg die varkspekblokkies by -laat dit nog 30 min staan en stop dan groot, goed skoongemaakte worsderm daarmee. -rooster of braai die wors oor kole of in ?n braaipan oor matige hitte.

MARINADE VIR BRAAIHOENDER OP DIE KOLE
Bestanddele:
1 kg hoenderboude vir 10 min. gekook en daarna afgekoel – 1 1/2 kop water – 3/5 kop olie – 1 fyn gekapte ui – 4 1/2 e asyn – 4 1/2 e suiker – 2 t sout – 1 vol t droe mosterdpoeier – 1 vol t paprikapoeier – 1/5 kop sojasous – 1 groot ui in skywe gesny
Metode:
– voeg al die bestanddele, behalwe ui-skywe een vir een by die water en klits goed na elke byvoeging -plaas die hoenderstukke in n plastiek bak met digpassende deksel en strooi die ui skywe bo-oor -gooi die sous oor en bere in yskas(koelkast) oornag -rooster die vleis oor die kole totdat dit gaar en mooi van kleur is. Betryk die hoender met marinade met kwas, terwyl jy dit braai.
tip: hou afstand tussen kole en hoender en keer baie keer om terwyl dit gebraai word dat dit nie aanbrand nie.

BYKOSSE VIR DIE VLEISBRAAI
(bijgerechten)
Slaaie:
RYSSLAAI
Bestanddele:
– 375g gaar langkorrel rys – 1 rooi en 1 groen peper(paprika), in heel klein blokkies – 2 2halwe perskes(perzikens uit blik in blokkies – 1 e mayonaise – 65 ml asyn – 1 e suiker – 3/4 t sout – 1 ui fyn – 1 e Mrs Balls chutney(of mango chutney) – 1 vol t kerrie poeier
Metode:
– Meng al bestanddele en meng goed deur koue rijst. Laat ten minste 3 uur in yskas(koelkast) staan terwyl jy dit soms omroer.

AARTAPPELSLAAI
Bestanddele:
1kg in skil gaar gekookte aartappels gepeld en in blokkies van 2 1/2×2 1/2cm – 1 groot ui fyn – 10g gemengde tuinkruiden fyn(salie,tijm,oregano,bieslook,peterselie,koreander,mint ect.) – 1/4 t knoffelpoeier – 250ml mayonaise – 25 ml melk of Jogurt – 1 t aromat(knorr) – 1/2 t sout – 1/4 t peper – 1 gekookte eier
Metode:
-meng alle bestanddele(behalwe eier) met aartappels -doen in slaai skaal -laat n paar uur in koelkas staan -druk eier deur n sif uit terwyl jy dit versprei oor aartappelslaai -serveer met takkie mint daarop.

WORTELSLAAI
Bestanddele:
250g gerasperde wortels – 50g pynappelstukkies)(annanas-stukjes) uit blik, met vog – vogt van 1 lemoen(sinaasappel) – 1/4 t zout – 1/8 t vars gemaal peper
Metode:
-meng alles en laat n half uur staan in koelkas.
Broodkosse

POTBROOD
Bestanddele:
375 ml louwarm water – 15 ml suiker – 30 ml botter – 10,5 ml korrelgis – 6 x 250 ml meel – 10,5 ml sout
Metode:
Meng water, suiker en gis in bakkie met deksel en maak warm toe. Laat staan tot die mengsel good skuim. Sif meel, sout saam in n groot mengbak. Voeg gismengsel by meel en genoeg louwarm water by en knie goed. Bedek met n bottergesmeerde plastiek. Maak deeg warm toe met kombers. Laat vir 1 uur op warm plek staan om te rys. Wanneer dubbel gerys het, voeg botter by en knie deeglik af. Vorm n rondebrood en plaas in gesmeerde swart platboompot. Plaas gesmeerde plastiek bo-op deeg, dan die deksel. Maak weer warm toe en laat weer vir 1 uur lank rys tot dubbel. Stel intussen die oond op 200 ?. Haal die plastiek af, sit dan gesmeerde deksel op. Bak brood in vooraf verhitte oond vir 1 uur. Haal uit, plaas op tafeldoek en smeer die hele brood met botter. Maak die brood dan toe en laat vir n ruk toe staam. Wanneer koud sit in plastieksak. Of eet dit warm by die braaivleis met appelkooskonfeit.
tip: die resep is ook geskik vir n broodmasjien.

MIELIEBROOD
Bestanddele:
1 kop. meelblom – 1 blik geroomde soort suikermielies – 3 eiers – 1/2 kop. suiker – 1 kop. mieliemeel ( fyn ) – 3 tl. bakpoeier – sout
Metode:
Klits eiers en voeg die res van bestanddele by. Gooi in gesmeerde broodpan. Kook n bietjie water in n groot kastrol en plaas die broodpan daarin. Laat dit vinnig stoom in die toe kastrol vir – 20 minute. As die water wegkook, kan dit na 10 minute weer aangevul word.
lekker as dit nog warm is en heerlik met egte botter…

STYWE MIELIEPAP (4-6 porsies)
Bestanddele:
1 liter water (4 koppies) –
5ml sout (1 teelepel) –
500ml wit mieliemeel (2 koppies) (320g)
Metode:
-gebruik n groot swaarboomkastrol en verhit water en sout tot kookpunt -voeg mieliemeel by. Roer deeglik met n hout lepel en plaas deksel op -verminder hitte en prut vir 40 minute. Roer n paar keer -voeg 125ml (1/2 koppie) koue water by pap -prut pap oor lae hitte vir n verdere 30 minute.

KRUMMEL MIELIEPAP (4-6 porsies)
Bestanddele:
500ml water (2 koppies) –
5ml sout (1 teelepel) –
750ml wit mielliemeel(3 koppies ) (480g)
Metode:
Gebruik n medium swaarboomkastrol en verhit water en sout tot kookpunt. Voeg mieliemeel by, plaas deksel op en prut vir 15-20 minute. Roer met n vurk tot pap krummels gevorm het. Prut vir 20-30 minute. Roer n paar keer.
Wanneer ons egter vir ons krummelpap maak, dan kook ons dit vir baie langer as wat hulle hier bo voorstel. Ons glo die krummelpap moet stadig en baie lank prut.
Roer die krummelpap vir die eerste keer nadat die meel n velletjie gevorm het — dis belangrik om nie te vroeg te roer nie. Hoe lank jy die pap na die roer laat prut, hang ook af van hoe groot jou krummels is. Ek vind dat 20 min. op n medium-lae gasvlam genoeg is, maar smaak verskil en elke persoon het sy eie manier.

BBQ SAUS VOOR MAISPAP EN VLEES
Braaivleis en sous
Bestanddele en Metode::
Verhit 1 eetlepel sonneblomolie en braai 1 opgekapte ui met 2 klofies knoffel stadig in n pan totdat dit sag is. Voeg 200g geblikte tamaties, 2 eetlepels tamatie “ketchup”, 30g bruin suiker, 1 eetlepel Worcestershiresous, ?-1 eetlepel chilli sous, 3 eetlepels rooiwyn asyn en 1 eetlepel mild grain mostert. Bring tot kookpunt en “simmer” stadig vir 30 minute. Koel af en meng in n voedselprosesseerder of n versapper.

GROENTE BREDIE OP POETOEPAP (stywe mieliepap)
Bestanddele:
30 ml olie – 1 geskilde ui – 5 ml borrie – 10 ml fyn komyn – 5 ml paprika – 1 fyngedrukte knoffelhuisie – 15 ml fyngedrukte gemmer – 15 ml tamatiepasta(tomatenpuree) – 500 g gemengde groente – 350 ml groente aftreksel(bouillon) – 500 ml gekookte poetoepap (stywe mieliepap)(maispap)
Metode:
-verhit die olie in n groot pan en braai die ui oor medium hitte totdat dit goudkleurig is -voeg die kruie, gemmer, knoffel en tamatiepasta by en kook vir een minuut -voeg die groente by en strooi die speserye oor -voeg aftreksel by en bring tot kookpunt -verminder die hitte, sit die deksel halfpad op en laat prut tot sag -bedien warm op poetoepap.

BRAAIVLEISBROODJIES MET TAMATIES EN UIE
(eg iets vir as jy van tamaties en uie hou)
Bestanddele:
1 wit casinobrood – botter – dunne uie ringe – plakkies tamaties sout – peper
Metode:
-smeer botter op alle snye brood -doen dan op die helfde van die snye brood daar bo-op eers plakkies tamaties en daar bo-op uiringe(nie teveel nie) -bring op smaak met sout en peper -doen dan die ander helfde van die brood daarop en vorm so toebroodjies -rooster op sagte kole tot mooi goudgeel.
Let veral op dat die broodjies sommer aanbrand. As dit gebeur kan jy die swart van die brood met n mes afskraap.
Om die broodjies om te draai gebruik ek altyd n eierspaan, maar die broodjies kan ook met garing as pakkies opgebind word.
ALTERNATIEF: op dieselde manier kan jy appelkoosbroodjies maak, dan kom daar appelkooskonfeit(abrikozenjam) op gedoen i.p.v. tamaties en ui…

PASTA SLAAIE
KERRIE PERSKE-PASTA SLAAI
Bestanddele:
250 g Skulpnoedels – 7 ml Sout – 25 ml Kookolie – 75 ml Perskestroop – 1 Groot ui fyngekap – 250 ml Mayonnaise – 75 ml Vrugte blatjang(CHUTNEY) – 1 Blik ertjies, – 15 ml Matige kerrie poeier – 10 ml Borrie(geelwortel) – 1 Blik taaipit perskes (perzikken uit blik/aldi)gedreineer en klein gesny
Metode:
-kook noedels tot sag, dreineer en spoel onder koue water af – Sorteer helfte van ui in olie. Voeg blatjang, kerriepoeier, sout, borrie en perskestroop by. Meng goed en laat 2 minute prut -verwyder van hitte en meng res van die rou ui met mayonnaise, Voeg perskes en ertjies by -Vou kerriemengsel en noedels liggies by -laat n paar uur in yskas staan.

Gebruik jou eie diskresie om te bepaal watter kosse by mekaar pas.

Sien ook my artikel: Potjiekos

4 Reacties

  1. sterk staaltje, haha
    groetjes Ad

  2. webredactie

    4 mei 2010 at 12:57

    Wat een leuk stuk en wat een prachtige taal is het Zuid-Afrikaans toch.

  3. Dit vind ik echt tof….zo leer ik niet alleen bbqen maar ook nog wat zuid-Afrikaans…

  4. bezemsteeltje

    12 mei 2009 at 09:19

    Wat een fijn artikel weer!Ik neem het dankbaar mee.
    Ga bij de volgende bbq jouw recepten eens gebruiken.
    Bedankt,Lut.

Geef een reactie