SUID-AFRIKAANSE GEDIGTE EN WYSHEDE: Deel 2

nog meer afrikaanse gedigte en wyshede:

GEDIGTE:

Ek moet se dat baie van die gedigte het 'n geloofs strekking. Ek glo nie persoonlik nie, maar die spigologie agter die gedigte vertel ons ook die lewe in SA.




DIE GROOTSTE VAN ALLE GESKENKE .

Omdat G o d my liefhet, raak hy nie ongeduldig met my nie.

Omdat G o d my liefhet, hou Hy ook nie boek van my oortredinge wat Hy vergeef het nie. Hy vergeet daarvan.

Omdat G o d my liefhet, se Hy nooit daar is nie meer hoop vir my nie. Hy werk eerder geduldig met my, en dissiplineer my op so 'n wyse dat dit vir my moeilik is om te begryp hoe diep Hy oor my besorg is.

Omdat G o d my liefhet, laat Hy my nooit in die steek nie, al doen baie van my beste vriende dit.

Omdat G o d my liefhet, ondersteun Hy my wanneer ek 'n punt van wanhoop bereik; as ek myself sien soos ek regtig is - en dit dan vergelyk met sy geregtigheid, sy heiligheid, skoonheid en liefde.

Dit is in sulke oomblikke dat ek werklik kan glo dat G o d my liefhet. Jy, die grootste van alle geskenke, is G o d se volmaakte liefde.

Gebaseer op 1 Korintiers 13: 4 - 8.



OORDENKING.

'n Jong moeder tot die dood toe moeg
op die rug van 'n donkie
soekend na 'n herberg
haar lyf seer en geboe
so smekend haar oe
"My tyd is so naby.'

Teer buig sy oor die kindjie
Met trane druppend van liefde
Streel sy saggies oor die sagte hofie,

Daar, waar die doringkroon
ongenadig
Sy bloed laat drup soos trane

Die dag breek oor die horison,
sy besoekers bring vir hom geskenke
Goud en wierook en mirre.

Op Golgota sou Hy
net asyn gemeng met gal kry...

Dan neem sy die ou kleine handjies
Tel die vingertjies een vir een
Soen die klein pienk voetsooltjie

Daar vasgespyker aan die kruishout
Deur die palm
Van Sy hand
Hang Hy
Sy voete oorkruis
En met
'n enkel spyker deurboor.

Sy soen saggies die holtetjie in die rug
En tel die fris klein beentjies in die lug
Haar seun

Met bebloede rug en bene wat wankel
Sleep HY SY KRUIS
NA GOLGOTA
En by Hom op die grond sit sy
Sy moeder

Op kersdag as u Sy geboortedag vier,
Dink ook aan Hom in sy laaste
sterwensuur,
Aan sy moeder wat dit alles moes aanskou,
En onthou - HY HET GESTERF - net vir My en Jou!

Jimi Breitenbach



SOOS DIE BLOM IS JOU DAE:

Vanoggend vroeg, nog lank voor die son opkom, het ek in my tuintjie gestaan en kyk na die dou op die plante. Die dou was oorvloedig op die kappertjies wat ek besig was om te pluk, en terwyl ek die helderkleurige fraai blommetjies die een na die ander een afpluk, het ek skielik onthou dat ek eenmaal gelees het:

"Dis net wanneer kappertjies gekneus word,
dat hulle hierdie heerlike geur kry".

Dis hoe sommige mense ook is.
Dis juis wanneer die swaar slag van die lewe hulle tref,
dat hul uitvind watter lieflike gees daar in hulle hart is.

Dis die mense wat die lewe nooit sal onder kry nie, want hoe seerder hulle hart - hoe groter glimlag die mond. Hoe feller die pyn - hoe minder die klag. Hulle is die kappertjiesmense in die tuin van God.

En hierdie sonneblom, met sy groot oop bottergeel gesig, laat my dink aan die liewe mense wat altyd lag; vir wie die son altyd skyn, en vir wie die lewe altyd lekker en aanvaarbaar is. Hulle is nooit verveeld en onvergenoegd nie. Vir hulle is werk 'n lus en nooit 'n las nie. Werk wat hulle aanpak, doen hulle flink en goed en sonder om te mor en te kla.
Dis hierdie sonneblom mens van wie daar gese word:

"Die vrolike vlam wat kla en kraak,
Dis hy wat sy taak tot vermaaklikheid maak,
en sy swaarkry met lekkerkry klaarkry."

En ek dan? Watter soort blom is ek van God se tuin?
Het ek ook 'n doel, en is ek ook van nut.?
Dis toe dat ek dit sien. Al die blomme was benat met dou,
en op al die blomme het God se son geskyn.
Hy het almal gemaak en almal is Syne.
Hy het nie net die Kappertjies en Sonneblomme nodig nie, maar Hy het ook die skugter Vergeet-My-Nietjies nodig,
En ook die wat in die skadu groei.

Met 'n diep dankbaarheid in my hart bid ek:

"As ek dan nie 'n wonderlike mens kan wees met mooi en baie deugde nie, Liewe Heer, laat my dan tog net toe om die grond van hardheid te bedek waarlangs die voete van U skepsels loop. Wanneer hulle voete my kneus, laat 'n aangename geur my hart dan omring en so ook U hart verbly."



WAT MAAK VET.....?

Al die lekker souse, die bredies en die pap,
al die stukkies vet in elke hap!
Koeke, terte en vleispasteie,
alles wat die oe sien, al die lekkernye!
My klere span - my broek bars uit sy nate -
ek voel so selfbewus en verlate!
O! die ewige stryd met die dieet -
alles wat ek sien wil ek net (vr)eet!
Die drang na kos wil my nie los -
soos 'n roofdier se lus na vleis - in die bos!
Ek kry myself jammer - ek kan myself nie keer,
die eetlus kan ek glad nie ignoreer!
Die tuisnywerheid is onweerstaanbaar-
hoekom moet ek net koek eet as ek verjaar ?
Varsgebakte brode, konfyt en smere -
my mond kwyl en my maagsappe gaan te kere!
Ek wurg aan rou groente en blare - 'n nagmerrie droom!
ek soek kaas, soetgoed, stysel en room.
Om nie te praat van die heerlike braaivleis -
en die geurige bobotie in die plaaskombuis!
Wie se vet is teen die wet?
Ek slaap lekker op my eie dubbelbed!



SUKSES

As jy dink jy's verslaan, - Dan is jy.

As jy dink jy kan nie, - Kan jy ook nie.

As jy graag wil wen, maar glo jy kan nie, - Is jou kans om te wen maar baie klein.

'n Wenner is nie altyd iemand wat die vinnigste of die sterkste is nie,
Nee, die wenner is die persoon wat dink en weet hy kan.



PRONKERIGE POUE

Dis weer daardie tyd van die maand!
nee wag, ek is nie verwaand!
Inteendeel - dis 'n veel ernstige saak-
al word die vroulike geslag daardeur geraak!
Ek praat van die Damesklub se maandelikse dinee -
'n uithang-geleentheid met gedekte tafels, eetgoed, koek en tee!
Die nuutste modes word vertoon -
slegs lede en genooide gaste mag dit bywoon!
Die Voorsitster is 'n ene mevrou Adele Theron -
haar man is 'n spesialis - maar sy is 'n bietjie dom!
Almal weet hoe hy presteer en opereer -
maar sy geniet die status, aansien en eer!
Dan is daar die dames van die Landbou-unie-komitee -
elkeen 'n deskundige op die gebied van pluimvee.
Hulle jamtertjies, vulsels en geurige gebak -
is welbekend en gesog op die tuisnywerheid se rak!
Mev Dominee dra met elke funksie 'n ander hoed -
draai nie haar kop nie - te bang sy word gegroet!
Maar die Burgemeesteres vat die koek!
sy moet heel bo teken in die gasteboek!
Haar Afrika-motiewe en patrone is oordadig geborduur met krale, eg aards, telkemale!
By elke dame se sitplek is 'n ruikertjie en 'n kersie -
ook 'n paar wyse woorde in sierskrif en 'n gepaste Bybelversie -
Per ongeluk stamp ek my rooiwynkelkie om op die spierwit geborduurde tafeldoek!
Het ek my verbeel ? of het die gasvrou my gedemp gevloek!



STOF TOT NADENKE:

Die mond van 'n bejaarde man is sonder tande, maar nooit sonder woorde van wysheid nie.

Oos, wes, tuis bes . . . behalwe Ouma se huis!

As ek geweet het dat kleinkinders soveel pret is, sou ek hulle eerste gehad het!

Kinders het nog nooit baie goed na hulle ouers geluister nie, maar hulle het nog nooit versuim om hulle na te boots nie. - James Baldwin

'n Ouma is 'n kroostrooster wat na die kleingoed kyk in plaas van na die televisie.

'n Dorp sonder bejaardes is soos 'n put sonder water.

As jy baie besit, gee van jou besittings; as jy min het, gee van jou hart.

Jeugdiges praat eers en luister dan; die bejaarde luister en praat dan.



DRIE VARKE

Die eerste vark bou sy huis van stukke boombas en gras,
dis goed genoeg - dit het sy sak gepas!
Die tweede vark kies stokke,
dit het hom herinnner aan die varkhokke!
Die derde vark was meer verstandig en intelligent,
met klip en sement gebou op 'n stewige fondament!
Toe kom die wolf in 'n stormsterkte wind,
die eerste twee varke het hy sonder heenkome gevind.
Hulle vesting was verpletter en hulle was dakloos gelaat,
- dit gebeur as jy jou nie weerhou van die kwaad!
Die besmetting van die samelewing, rioolkultuur,
geweld, bedrog en misdaad wat die lewe versuur!
Die derde vark was verstandig en veilig - hy't voorsorg getref en studeer,
hard gewerk en selfgekontroleer!
Sy huis was gebou op die Rots,
dit het staande gebly toe hy met die storms van die lewe bots!



OORDENKING.

As Jesus na u huis sou kom
Om daar 'n ruk te bly,
As u heel onverwags van Hom
So 'n besoek moet kry -
Dan wonder ek wat u sal doen:
Wat u presies sal se
En of u spyt of bly sal wees
Om Hom as gas te he.

Ek weet u sal die beste kos
vir Hom voorberei:
Die beste kamer in jou huis
Sal Hy natuurlik kry
Maar as Hy aanklop, sal u Hom
Verwelkom by die deur met wyd oop
arms Hom ontvang
En bly wees oor die Heer?
Of sal u Hom moet laat wag
Om gou te gaan verklee
Party versiersels af te haal;
Die verf eers af te vee.

Sal u eers van u tydskrifte
Moet wegsteek in 'n kas
Om gou die Bybel reg te sit
Waar hierdie leesstof was,
Of sou u eers die radio
Moet stilmaak in die hoop
Dat Hy dit nie gehoor het nie
en ook nie daardie knoop.

Ek wonder as die Heiland dan
So vir 'n dag of twee
By u kom tuisgaan,
Of dit u dalk ongerief sal gee?
Sal u dan nog steeds soos elke dag
Dieselfde doen en se;
Sal Jesus oral saam kan gaan
Waar u besoek afle?
Sal u ook sterk begeer dat Hy
U vriendekring ontmoet,
Of sal u angstig poog om dit
Tog liewer te verhoed?

Ja, dit sal goed wees om te weet
Wat u sal doen as Hy
Persoonlik vir 'n dag of so
By u aan huis kom bly.
Sou u verlang dat Hy maar voorts
Sy tuiste daar moet maak,
Of sal u as Hy gaan,
'n sug van groot verligting slaak?



PERDEBY PANDEMONIUM.

Dit het tydens 'n snikhete Sondag erediens gebeur -
ek kon absoluut niks doen om dit te keer!
Terwyl die Dominee preek,
het 'n perdeby een van die ouderlinge gesteek!
Sy oor was opgehewe en het rooi opgeswel -
die angel het vasgesit in sy oorlel!
Die arme man was allergies vir bysteek,
die lidmate was erg geskok en doodsbleek!
Haastig het hulle die bewustelose ouderling uitgedra,
"Sal hy lewe?" het 'n ou tannie senuagtig gevra.
Die Dominee het sy preek net daar onderbreek,
die res moes maar oorstaan tot volgende week!
Binne enkele minute was die nooddienste op die toneel,
met loeiende sirenes van die ambulanse op die kerkperseel!
Net toe trek 'n swerm woedende heuningbye in die kerkgebou,
dit was 'n spektakel om te aanskou!
Mense klap en slaan na die aanvallende swerm -
hulle skreeu, huil en rol op die vloer en kerm!
Die polisie word deur die bure ontbied,
hulle het gedink die diens ruk hande uit - Grote Griet!!
Hoekom gaan die mense so te kere?
het hulle dan geen respek vir die Huis van die Here?
Talle lidmate is vir skok en steekwonde gehospitaliseer -
Koerantberigte blameer die warm bedompige somerweer.
Dieselde ou tannie se dis die kerkmense se verdiende loon,
hulle wil mos Lotto speel, dobbel en perderesies bywoon!



KOMPERBREIN

Wat die menslike brein ervaar is persepsie, vals of waar
Dit wat hy stoor op die hardeskyf van sy rekenaar.
Alles wat die mens dink, doen en se,
Word in die brein gestoor en vasgele.
Elke gedagte, woord en daad
Word herroep en gee hom raad.
Is dit emosies wat die motivering vir die drang bepaal?
Elke ondervinding word verwoord in mondelinge of geskrewe taal.
Verantwoordelikheid waaroor die mens beskik,
Is die vryheid om te kies: hartseer of geluk.
Die Skepper het die mens Sy Gees gegee,
Om die ontsluiting te koordineer, ja of nee.
Die werking van jou brein word daagliks beproef,
Moenie die Gees van God bedroef!
Bedink alles - waar, rein, lieflik en loflik
Anders is jy in jouself vasgevang in skuldgevoel - en konflik.



SKULDGEVOELENS.

'n Swerende doring in die vlees, is 'n knaende skuldgevoel!
lewenslange geestelike pyniging sonder 'n doel!
Jy het jou sondes bely en laat staan,
maar jou geheue bly jou steeds herinner en vermaan.
Jy voel so skuldig, jammer en minderwaardig,
het die Here my werklik vergewe? rerig?
Jesus is Almagtig. Sy bloed was die vuilste hart skoon,
Hy maak jou splinternuut en Sy Gees kom in jou woon!
Fokus op Hom en vul jou gedagtes met dankbaarheid,
Hy is jou intieme Metgesel, gee Hom jou tyd!
Ontbloot jou hart voor Hom -
ervaar hoe Sy vrede oor jou kom!
Jou sondes van die hede en die verlede,
word deur God die Vader vergewe!
Hy sien vir Jesus, Sy Seun, in jou plek staan,
Jesus is met jou waar jy ook al gaan!
Jesus is jou Advokaat, jou Middellaar,
Hy verdedig jou saak voor God se altaar!
Nou kan jy ontspan en in dankbaarheid leef,
Jy is volmaak in Hom - Hy het al jou sondes vergeef!
Hy skryf met Sy eie Hand jou naam in die Boek van die Lewe,
om Jesus te dien is vir jou 'n eer en jou hoogste strewe!



STRAATBEDELAAR.

Vuil, verflenterde Faan,
hy lyk moeg, gehawend en gedaan!
Sy stukkende klere is oud en geskeur,
hy het dae laas ge-eet, gewas of geskeer!
Hy bedel met 'n handgeskrewe plakkaat,
in die warm son op die hoek van die straat!
"Help asseblief! Honger! werkloos!
geen slaapplek! Dakloos!
Mense ry verby en kyk anderpad,
haastig werk toe in 'n vinnige rat.
Hulle verkies om onbetrokke te bly,
stel geensins belang of die arme man hulp gaan kry!
Hulle bly gerieflik in 'n huis met 'n lekker warm bed,
tevrede met die vaste beleggings wat hulle in die bank het!
Mediese voorsorg en 'n maandelikse salaris,
gemoedsrus om te weet dat die fondse daar is!
In die moderne wereld voorsien elkeen net in sy eie belang,
is dit dan net die armes wat na die hemel verlang?



SKADUS

Daar is skadus teen die muur
wat laataand bokspring feeste vier,
op die maat van blik en snaar
my voete dwing om te baljaar.

Die skimme kruip hier in my kop
jaag die ou herinnerings weer op,
van kaalvoet klonkies op 'n tyd
en Kosmos tot in ewigheid.

Ek onthou van tye om die vuur
lang arm skadus teen die muur,
baie stories van vanmelee
wat aan die skimme lewe gee.

So stap ons aan deur Niemandsland
tot ver oorkant die rant se kant,
saam met skimme weggevoer
waar blinkoog sterre vir ons loer.

Ek sien die skaduwees verdwyn
die skimme stadig saggies kwyn,
my hart word vy-ryp dromend sag
wanneer ek een word met die nag.



MOEDERSDAG.

"Hulde aan die moeder

Haar verantwoordelikheid is onberekenbaar groot,
deur haar liggaam is sy die enigste poort -
vir die skep van nuwe lewe en die volgende geslag,
in samewerking met die Skepper wat die gawe in haar vermag!
Vandag bring ons hulde, eer en lof aan haar,
wat met soveel sorg haar kinders baar -
soos Maria, die moeder van God se Seun,
wat deur Hom, na God die Vader, vrye toegang verleen!
Die vestiging van opvoeding word aan haar opgedra,
onbaatsugtig, ondersteunend - sonder om te kla!
Haar taak word deur liefde gemotiveer,
kyk maar hoe haar geliefdes presteer!
Haar man noem haar gelukkig,
want hy weet dit is die Skepper wat alles deur haar verrig!
Vir haar vandag die mooiste kompliment -
'n Ruiker blomme aan die voete van ons Moedermonument!



Vertroue in die Heer

Wanneer jy op die nuusflits van 'n ongeluk hoor,
en jy weet dis die pad wat jou geliefde daagliks ry.
Dan bid jy en hoop maar jou gebed word verhoor,
en hoop om die tyd tot die volgende nuusflits om te kry..

Dan kom die nuusflits weer en jy hoor dis 'n ander tipe kar,
en jy sluit jou oe in dankbaarheid maar tog mis jou hart 'n slag.
Want al is jy diep dankbaar, jou gedagtes is in 'n war,
want jy weet daar is mense wat vergeefs op hul geliefde wag.

Jy dank die Heer want Hy't jou geliefde vandag gespaar.
Jy vra vir vrede en vertroosting vir die mense wat treur.
Jy besef opnuut elkeen se lewe is in die hand van die Heer,
maar more as jy opstaan vergeet jy maar weer...

Jy raak ongeduldig en skel in die oggend se spits-verkeer.
Jy bekommer jou oor die kinders en oor wat die dag gaan inhou.
Jy vergeet daar is iemand anders wat jou lewe sal beheer,
as jy Hom maar net wil toelaat in jou lewe en volkome vertrou.

Here wil U ons help om daagliks te onthou,
om ons lewens geheel en al aan U toe te vertrou,
Dat ons in oorgawe, in alles wat ons doen, na U wil streef.
Sodat ons elke dag as blymoedige Christene kan bly leef.

Amen



VERSTEEKTE KAMERA

Haar aansoek was indrukwekkend, volledig -
sy het ons eenjarige kleuter weeksdae opgepas tot 2 nm.
Die outjie het onderbroke geslaap en was knieserig,
ons kon nie vasstel hoekom was hy so huilerig!
Die Kinderarts se dis natuurlik - hy kry tande - moenie kwel!
maar toe ek sy doek omruil sien ek die blou kneusplekke op sy vel!
Ek vra haar daarna en sy antwoord ontwykend,
hy het homself in sy loopring gestamp toe sy hom vind!
Ons vermoed onraad en installeer 'n versteekte video-kamera in ons huis,
die aand kyk ons na die dag se gebeure - ons vermoed alles is nie pluis!
Toe ons baba huil, slaan sy hom met haar plathand,
blatante kindermishandeling - so word die kleintjie aangerand!
In die strafhof is sy skuldig bevind,
weens wrede mishandeling van ons kind!
Hierdie gedig is gerig aan alle werkende ouers,
'n groot verantwoordelikheid rus op julle skouers!
Julle kind is 'n Godgegewe geskenk -
as julle twyfel, neem hierdie wenk!
Vertrou liewer julle kind toe aan betroubare Dagmoedersorg,
gemoedsrus en veiligheid is 'n kosbare waarborg!



VANDAG:

Ons het vandag *** geboue en breer snelwee, maar korter temperamente en smaller sienswyses.

Ons spandeer meer, maar geniet minder.

Ons het groter huise, maar kleiner gesinne.

Ons het meer opofferinge, maar minder tyd.

Ons het meer kennis, maar minder oordeel.

Ons het meer medisyne, maar swakker gesondheid.

Ons besittings het vermeerder, maar ons waardes het verminder.

Ons het die maan bereik en teruggekom, maar ons vind dit moeilik om ons eie straat oor te steek en ons bure te ontmoet.

Ons het die buitenste ruim oorwin, maar nie ons binneruim nie.

Ons het *** inkomstes, maar minder sedes.

Deesdae is die tyd van meer vryheid, maar minder vreugde.

Ons het meer voedsel, maar minder voedingswaarde.

Deesdae neem dit twee salarisse vir elke huis, maar egskeiding vermeerder.

Daar is deesdae mooier huise, maar meer gebroke gesinne.

Dit is hoekom ek voorstel dat jy, van vandag af, die volgende doen:

Moet niks hou vir 'n spesiale geleentheid nie, want elke dag wat jy lewe is spesiaal.

Brei jou kennis uit, lees meer, sit op jou voorstoep en bewonder die uitsig sonder om veel aandag te gee aan jou behoeftes.

Bestee meer tyd saam met jou familie en vriende, eet jou gunsteling-kosse, besoek die plekke waarvan jy hou.

Die lewe is 'n ketting van vreugdevolle oomblikke, nie net oorlewing.

Gebruik jou beste kristalglase. Moenie jou beste parfuum bere nie, gebruik die elke keer as jy lus voel.

Verwyder frases soos "een van die dae" en "eendag" uit jou woordeskat.

Skryf daardie brief wat jy gedink het jy "een van die dae" sal skryf.

Vertel jou familie en vriende hoe lief jy hulle het.

Moenie enigiets uitstel wat lag en vreugde tot jou lewe kan byvoeg nie.

Elke dag, elke uur en elke minuut is spesiaal ... en jy weet nie wanneer is jou laaste een nie.

As daar iets is wat jy vir iemand wil se of doen en jy dink jy sal dit "een van die dae" doen, onthou ... "een van die dae" is jy dalk nie meer hier nie!



ONWEERSWOLKE.

Sjina is 'n magtige land, die "slapende" reus -
'n Sjinees is 'n bloedbroer van 'n Taiwanees!
Hulle wil onafhanklik wees van Sjina, op "hulle" eiland,
maar die Sjinese regeerders weier op die vasteland!
Taiwan le 200 km Oos in die Stille oseaan,
Taipei is die hoofstad op die 121 ? grade meridiaan!
Die eiland word gehalveer deur die Kreefskeerkring,
23 ? grade Noord, warm en humied, met siklone wat reen bring!
Onweerswolke dreig op die horison,
die VSA wil tussenbeide tree - maar dit is rampspoedig, dom!
Die Sjinese leer is 2 miljoen man sterk -
wie gaan hulle keer of beperk?
Sjina en sy bondgenote beskik oor kernkrag -
wie is opgewasse teen sy wapentuig en slaankrag?
Oorbevolking motiveer 'n uitbreiding van grondgebied,
deur oorlog word miljoene se bloed vergiet!
Maar die mense in die Ooste ken nie Jesus of die Evangelie -
hulle afgode van hout en klip in Boeddistiese tempels kan nie hoor nie!
Hulle staan weerloos - sonder die beskerming van die Here,
radeloos en in wanhoop gaan hulle te kere!
Dis nou die stilte voor die storm - die wereld wag in spanning!
Satan se finale plan om nog 'n ramp oor die aarde te bring!
Ons leef rustig en onbesorg aan die suidpunt van Afrika -
wat is die oproep wat hierdie gedig van jou vra?
Bid vir die regeerders wat besluite moet neem,
ook in ons eie land - dat God hulle met insig en wysheid sal seen!
Ons leef in die eindtyd van die wereld se geskiedenis -
die vyebome bot ten spyte van die duisternis!



ONGELETTERDE JEUGDIGES.

Geen dissipline, geen struktuur, vloek en skel!
demonies-duiwels soos vlermuise uit die hel!
wreed, misdadig, kru barbaars -
rook, drink, dwelms en jeugmisdaad -
oorvol tronke in 'n sosialistiese staat!
Onderwysers is magteloos - hulle eksperimenteer,
daar is geen rede om die leerlinge te keer!
Straf is skadelik vir die ontwikkelende selfbeeld,
lees, skryf en reken maak hulle net verveeld!
Geweld videos en pornografie -
ja! dis aanvaarbaar! voorhuwelikse seks en aborsie!
Oorlewing in die samelewing, lieg en bedrieg,
en om by die 'skewe' priester te gaan bieg!
Alles is oudmodies - ook die huwelik,
homoseksualiteit stel jou vry van verantwoordelikheid!
Onderwysers word gevloek, geslaan, gespoeg, beroof -
vir dit alles hou die geleerde opvoedkundiges hulle doof!
UGO: uiters gefrusteerde onderwysers! 'n Totale gemors!
Bereken wat dit die belastingbetaler gaan kos!



OORDENKING.

G o d van almal:

G o d van alle goeie mense,
Laat almal u goedheid ervaar,
G o d van alle slegte mense,
Sal U hulle van die bose bewaar;

G o d van die rykes,
Laat hul u Wil verstaan,
G o d van die armes,
Help hul om u weg te begaan;

G o d van die siekes,
Genees hul na liggaam en gees,
G o d van die gesondes,
Laat hul ywerig u kinders wil wees;

G o d van die swakkes,
Bemagtig hul lewens,
G o d van die sterkes,
Laat hul U ken in al hul strewes;

G o d van die bevreesdes,
Laat hulle by U skuil,
G o d van die dapperes,
Wees U hul boog en pyl;

G o d van die eensames,
Wees U hul metgesel,
G o d van die gelukkiges,
Laat U hul vreugde vergesel;

G o d van die bedroefdes,
Omhels hul in die skadu van u kruis,
G o d van die vertroosdes,
Koester hulle in die ligglans van u huis;

G o d van die reddeloses,
Gee hul moed vir elke dag,
G o d van die verlostes,
Vervul hul met u drag;

G o d van die verlorenes,
Rig hulle op die regte pad,
G o d, U wat vir ons gevind het,
Bewaar ons in die palm van u hand.

Amen.



SO BID DIE KLEINTJIES:

Liewe Jesus, as elkeen sy eie slaapkamer gehad het, sou Kain en Abel mekaar miskien nie so doodgemaak het nie. Dit werk met my boetie.

Liewe Jesus, my boetie is 'n rot. Gee hom asb. 'n stert.

Liewe Jesus, het U regtig bedoel om te doen aan ander soos hulle aan jou doen, want as dit waar is, gaan ek my boetie opfoeter.

Liewe Jesus, hoe het U geweet U is God?

Liewe Jesus, is U regtig onsigbaar of is dit net 'n foefie?

Liewe Jesus, was dit bedoel dat 'n kameelperd so moet lyk, of was dit 'n ongeluk?

Liewe Jesus, pleks van mense te laat doodgaan en nuwe mense te maak, hoekom hou U nie liewer die wat U nou het nie?

Liewe Jesus, gebruik diere U of is daar iemand anders vir hulle?

Liewe Jesus, ek was by 'n troue en hulle het in die kerk gesoen. Is dit goed?

Here, dis goed dat U verskillende godsdienste gemaak het, maar raak u nie soms deurmekaar nie?

Liewe Jesus, wat beteken dit dat U 'n jaloerse God is. Ek het gedink U het alles.

Liewe Jesus, is ons predikant 'n vriend van U of ken U hom net van besigheid af?

Liewe Jesus, ek is 'n Amerikaner. Wat is U?

Liewe Jesus, baie dankie vir die bababoetie, al het ek in my gebedjie vir 'n klein hondjie gevra.

Liewe Jesus, ek wil net soos my pa word maar nie so vol hare nie.

Liewe Jesus, ek dink aan U selfs wanneer ek nie bid nie.

Liewe Jesus, dit is seker baie swaar om almal in die wereld lief te he. Daar is net vier mense in ons gesin en ek kan dit nooit regkry nie.



ens - Mosaiek

Soos die Here se genade
word die teeltjies ingelas
tot die skerpe en die hoeke
in die growwe gate pas

As Hy klaar is kom daar teerheid
as hy saggies aan jou raak
Want uit baie, baie stukkies
is sy ewebeeld gemaak. . .

(Saphira)











SPREUKE:

- Die deur van geleentheid sal nie oopmaak behalwe as jy dit 'n bietjie druk nie.

- Behou jou drome. Wanneer drome sterf, word die lewe 'n voel met 'n gebreekte vlerk wat nie kan vlieg nie. - Langston Hughes

- Hoeveel meer ernstig is die gevolge van woede as die oorsake daarvan.

- Ons glorie is nie dat ons nooit val nie, maar dat ons opstaan elke keer wat ons val.

- Die mense wat dink hulle weet alles maak die van ons wat alles weet die josie in!

- Humor is een van die grootste bates in 'n wereld vol spanning en wedywering.

- Om fout te vind is maklik, om beter te doen kan moeilik wees.

- Luiheid mag aanloklik lyk, maar werk gee bevrediging.

- Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg. Waar daar geen weg is nie, is daar 'n omweg.

- Die wat met modder gooi verloor grond.

- `n Besering word gouer vergeet as 'n belediging.

- Dit is beter om te vergeet en te glimlag, as om te onthou en treurig te wees.

- Die lewe agtertoe kan verstaan word. Vorentoe moet dit ervaar word.

- As jy laat opstaan moet jy heeldag draf.

- Dit is beter om lief te he en te verloor, as om nooit lief te he nie!

- 'n Mens sou sweer daar is 'n beloning vir die manier waarop party mense fout vind.

- Niemand kan jou sonder jou toestemminig minderwaardig laat voel nie.

- Moet nie jou probleme aan ander vertel nie.. 20% stel nie belang nie en die ander 80% is bly!!

- Die ergste ongeloof is ongeloof in jouself.

- 'n Glimlag is dieselfde in enige taal. Stilte is soos skrif wat maklik verkeerd gelees kan word.

- Ons vertwyfelinge is verraaiers en laat ons baie keer die goeie wat ons mag wen, verloor omdat ons bang is om te probeer.

- Verskonings is die tekort aan geloof in jou eie vermoe.

- Indien jy jou hart vul met verwyte van gister en bekommernisse oor more, kan jy nie dankbaar wees vir vandag nie.

- Laat jouself toe om elke dag die warmte van sonskyn en liefde te voel, om voelgesang en gelag te hoor en om werklik die wonderwerk en prag van jou lewe te sien.

- Kosbare dinge is moeilik om op te spoor en waardevolle goed word maklik verloor, skatte is dikwels enig in hul soort. Daar is net EEN van jou en dis hoe dit hoort.

- Daar is geen groter struikelblok in die pad van 'n suksesvolle lewe nie, as om te vertrou dat iets gaan gebeur, in plaas van om aan die werk te spring en iets te laat gebeur.

- As jy net doen wat jy nog altyd gedoen het, sal jy net he wat jy nog altyd gehad het.

- Nege-en-negentig persent van mislukkings kom van mense met die gewoonte om verskonings te maak.

- Henry Moore het gese: Ek dink in terme van die dag se voornemens, nie die jaar s'n nie.

- Persone wat sonskyn na ander se lewens bring kan dit nie van hulleself weghou nie.

- Die lewe is soos 'n spieel: dit gee niks anders terug as wat jy daarin plaas nie!

- Ons kry een lewe en dit is ons besluit om te wag op omstandighede voordat ons besluite neem, of om iets te doen en, deur te doen, te lewe.

- Oor die algemeen bekommer mense hulleself meer oor wat hulle nie kan sien nie as oor wat hulle kan sien.

- Een manier om meer op die positiewe te fokus, is om jouself bewustelik van die verlede los te maak. Gister is verby, maar jy kan die sorge en vreugdes daarvan saampers in perels van persoonlike wysheid. Met ander woorde, leer uit jou verlede, maar moenie dat dit jou weghou van jou eie geluk nie.

- MAG JY ALTYD.. :

Mag jy altyd he ...
... genoeg GEDULD om jou dierbaar te maak
... genoeg VERDRIET om jou menslik te maak
... genoeg HOOP om jou gelukkig te maak
... genoeg TERUGSLAE om jou nederig te maak
... genoeg VRIENDE om jou te troos
... genoeg VERDIENSTE om jou gemaklik te laat lewe
... genoeg GEESDRIF om jou na die dag van more te laat uitsien
... genoeg GELOOF om jou swartgalligheid af te weer
... genoeg WILSKRAG om elke dag 'n beter dag as gister te maak.

- Indien jy nie 'n goeie voorbeeld kan wees nie, moet jy maar 'n vreeslike waarskuwing wees.

- Ons planne misluk omdat ons nie 'n doelwit het nie. Indien iemand nie weet na watter hawe hy vaar nie, is geen wind die regte wind nie.

- Daar is tye wanneer jy nie die sterre kan sien van die bokant van die berg af nie. Tog kan jy dit duidelik sien vanuit die bodem van die put.

- Die belangrike wedlope is nie die met goue medaljes nie. Die stryd binne jouself is wat tel.

- Mense het te veel te doen met die negatiewe, met dit wat verkeerd is. Waarom nie die positiewe raaksien nie, om dit aan te raak en dit te laat blom?

- Ek gaan nie tyd mors deur te bekommer oor goed wat ek nie kan verander nie.

- Moenie kennis met wysheid verwar nie. Die een help jou om 'n lewe te maak, die ander een help jou lewe.

- 'n Fanatikus is iemand wat nie van gedagte kan verander nie en wat nie die onderwerp wil verander nie.

- Daar is twee maniere om jou lewe te leef. Een is asof daar geen wonderwerke is nie. Die ander is asof alles 'n wonderwerk is.

- Dis soveel beter om jou trots te verloor vir iemand wat jy liefhet, as om iemand wat jy liefhet te verloor vanwee jou trots.

- Alle mense is in staat tot die grootste goed en die slegste kwaad. Maar, omdat ons dit nie kan aanvaar nie, soek ons die kwaad in ander sodat die mite kan voortbestaan dat ons goed is.

- Kommer is soos 'n skommelstoel, dit gee jou iets om te doen, maar dit bring jou nerens nie.

- Probeer om iets te leer oor alles en alles oor iets.

- Wanneer jy instem tot minder as wat jou toekom, kry jy nog minder as waarvoor jy ingestem het.

- Indien ons nie in die gewoonte kom om die Bybel te raadpleeg in goeie tye sowel as sleg nie, kan ons nie die vertroostinge ten volle waardeer nie, omdat ons nie 'n ewewig tussen lig en donker het nie.

- 'n Persoon is nie oud totdat verwyte die plek inneem van drome nie.

- Gedeelde pyn is helfte die pyn, maar gedeelde vreugde is dubbel die vreugde!

- Wanneer jy geluk binne jouself vind, kan jy die wereld oorwin.

- Indien ons geen winter gehad het nie, sou die lente nie so aangenaam gewees het nie. Indien ons nie soms teenspoed kry nie, sou voorspoed nie so welkom gewees het nie.

- 'n Positiewe geestesgesindheid is die korrekte geestesgesindheid.

- Mag die skarniere van ons vriendskap nooit roes nie, en die vlerke van ons liefde nooit 'n veer verloor nie.

- Hierdie een is baie waar: Twee mense kan jare lank onder dieselfde dak woon en nooit werklik by mekaar uitkom nie, terwyl twee ander met die eerste gesprek, ou vriende word.

- Elkeen van ons moet 'n groot begraafplaas he waar ons ons vriende se foute kan begrawe.

- Daar is hoop vir elkeen wat in die spieel kan kyk en lag vir wat hy daarin sien.

- Die probleem met 'n eie huis is dat, waar jou ookal sit, jy iets sien wat jy behoort te doen.

- Wees altyd 'n eersteklas weergawe van jouself in plaas van 'n tweedeklas weergawe van iemand anders.

- Onderneem iets wat moeilik is, dit sal jou goed doen. Indien jy nie iets probeer bo dit wat jy alreeds bemeester het nie, sal jy nooit groei nie.

- Die beste dinge in die lewe is nie dinge nie. Dit verg wilskrag om die verbruikerswaardes van ons kultuur teen te staan en om bewus te bly dat baie van die dinge wat ons aangespoor word om te kry onnodig is en dat ons dit nie in verhouding geniet nie - ten koste daarvan dat ons so baie van ons lewens spandeer om te werk om die geld te verdien om dit te koop. Die een wat doodgaan met die meeste speelgoed, gaan steeds dood en die dinge wat ons besit, besit vir ons. Die maatstaf van 'n individu is nie wat hy of sy het nie, maar wat hy of sy is.

-

Reacties (1)
Leuk artikel? Deel het

Stuur vóór 30 augustus jouw recept in en kies uit de categorie: marinade, dressing of kruidenboter. Op de ingezonden recepten kan direct gestemd worden! Doe mee! … Lees verder »

Laatste vragen
Laatst beantwoorde vragen
Meest bekeken
Top
Smulweb.nl maakt gebruik van cookies

Graag houden wij onze website gratis, daarom maken wij gebruik van cookies en vergelijkbare meettechnieken. Hiermee kunnen wij uw instellingen onthouden en de website optimaliseren. Daarnaast kunnen wij voor advertenties een vergoeding ontvangen. Meer over cookies leest u hier.

Om verder te gaan naar de website,
verzoeken wij u om akkoord te geven.

Gaat u hiermee akkoord?

Ja, ik accepteer de cookies