MRS BALL′S CHUTNEY

Met geheime resep!

Elke huis in Suid-Afrika het wel ′n vles Mrs. Ball′s Chutney in die voorraadkas staan en baie immigrante glo ook nog heilig daarin om dit te he. Ek vra altyd mense wat by my kom kuier uit SA, om die blatjang(chutney in engels), vir my saam te neem uit SA. Dit smaak heerlik met kerrie geregte, cottage pie, steak en self is dit lekker met ′n gebakte ei of met ′n plakkie ham op brood............

Geskiedenis

Die geskiedenis van Mrs Ball′s Chutney begin in 1852 toe die SS Quanza op weg vanaf Canada na Australie gestrand het aan die Suid-Afrikaanse oos-kus by Oos-Londen. Kaptein Adkins het toe met sy vrou besluit om in die kontrei van "King William′s Town", te gaan boer. Dit was hier in die Oos-Kaap dat die blatjang vir die eerste keer in SA gemaak is. Dit was ′n geheime resep wat alleen van moeder na dogter deur gegee is. Toe Mrs Adkins se dogter Amelia gebore is in 1852, is die resep weer aan haar deur gegee. later het sy met Mr Ball getrou en het sy die resep met haar saam geneem na Kaapstad.

Gedurende die Eerste Wereldoorlog, het Amelia weer die blantjang begin te maak en het dit uitgedeel aan vriende en die kerk en het die blatjang op kerk bazaars verkoop. Die heerlike pikante en vrugtevolle smaak het baie gewild geraak by die mense wat dit geproe het. So het toe ′n klein produksielyn begin met mevrou Balls wat die blatjan maak en haar man wat dit in die bottels doen en verpak. Die lee bottels het hulle van vriende gekry wat dit opgespaar het.

As sakevrou het mevrou Ball′s natuurlik die kanse gesien wat daar op die mark was met so ′n produk vir hulle om geld te verdien. Amelia het toe en Kaapse sakeman benader, Fred Metter. Met Fred se help het die alombekende fameuse bottel met ag hoeke en ovale etiket met die Ball′s se familiewapen daarop ontwerp verskyn. Fred het besef hoe belangrik dit was dat die blatjang ′n naam kry waarop mense kan vertrou. En toe hy Amelia vra wat die naam moet word van die blatjang, het sy sonder aarseling gese; "Mrs H SBall′s Chutney". Die blatjang was toe deur die hele SA verkoop en selfs ook in Engeland. Soos die bestellings meer geword het, was Amelia gedwing om haar produksie van haar agtertuin na ′n fabriek in Fisch Hoek te verplaas.

Toe Amelia Ball sterf in 1962 op 97 jaar leeftyd, was haar resep alleen bekend by haar seun en kleinseun.

Alhoewel Mrs Ball′s nou deur "the Lipton food group", in Johannesburg gemaak word, word die geheime resep nog ten strengste bewaar. Net soos die vrou wat van daai skipwrak afgeklim het en die resep daarna aan haar dogter gegee het en op haar beurt weer die huis-naam geword het wat elke Suid-Afrikaner ken.


MRS BALL′S CHUTNEY
(Edward Ball, haar kleinseun, het die oorspronklike grootmaat-resep verklein. Dit maak 18 bottels ( mild) blatjang.)

BESTANDDELE:

612 g droeperskes
238 g gedroogde appelkose
3 liter bruin druiwe-asyn(gewone bruine azijn)
2 +1/2 kg wit suiker
500g uie
120 g sout
75 g cayenne-peper
Om die blatjang sterk (hot) te maak , voeg 75g gemaalde brandrissie ( chili) by.
Om perskeblatjang te maak, los net die appelkose uit en gebruik 850 g droe perskes.

METODE:

- spoel die vrugte goed af en week dit oornag in druiwe asyn
- kook vrugte in asijn en dreineer
- maal in klein stukkies in ′n meul ( of versnipper met kombuismes).
- gooi die vrugte, suiker ( opgelos in ′n bietjie asyn) en uie ( gemaal) by en kook in ′n groot pot in die asyn die hoeveelheid asyn hang af van
die vastigheid: dit moenie te loperig of te dik wees nie
- voeg kruie by en kook vir 2-2+1/2 uur
- roer nou en dan met ′n houtspaan dat dit nie vasbrand nie
- doen in inle-bottels
- met die bottel toe, kan dit jare bewaar word en met die oop, kan jy dit so ′n half jaar in yskas(koelkast) bere.


Die toepassing van Mrs Ball′s Chutney in resepte:

BOBOTIE

BESTANDDELE:

- 1kg maer beesmaalvleis
- 2 e olie
- 1 e botter
- 2 uie fyn
- 2 toontjies knoffel fijn
- 1 e vars gemmer fijn
- 2 e kerrie
- 1 vol t borry(kurkuma)
- 2 e Mrs Ball′s blatjang(chutney)
- 3 snye witbrood
- 3 eiers
- 375ml melk
- 1 e suurlemoen skil gerasper
- 5 e suurlemoensap(citroensap)
- 4 laurierblare
- 2 vol t sout
- 1 t swartpeper
- 1/2 kop rosyntjie
- 8 halve amandels

METODE:

- sorteer die uie in olie en die botter
- voeg nou die knoffel en gemmer by en sorteer verder
- voeg nou die kerrie en borrie by en bak bietjie
- doen die maalvleis by en bak kruimelrig en bruin
- week brood in melk en druk weer al die melk daaruit en maak brood kruimelrig
- klits die eiers en melk saam
- haal maalvleis van hitte en roer die blatjan, 3/4 van eier/melk mengsel, brood, rosyntjie, suurlemoenskil, zout en peper goed deurmekaar
- doen nou die mengsel in ′n ingevette oondskottel
- steek die laurierblare op hulle rand skuins in die maalvleis(sodat die geur van die laurierblad goed kan versprei deur vleis) en verdeel die amandels oor die bo-kant
- bak 25 min by 180*C
- gooi die laaste melk/eiermengsel daaroor en bak verder tot gaar en goudbruin vir nog 15 min.

Serveertip: lekker met rys en groente as groenboontjies en piesangskywe in klapper(kokos) gerol.



"MONKEY GLAND STEAK"

BESTANDDELE:

1kg rump steak
6 e Mrs Ball′s Chutney
6 e tamatiesous(ketchup)
3 e Worcestersous
1 e wit asyn
3 e bruin asyn
2 uie gekap
1 potjie sampioene
3/4 t sout
1 t peper
METODE:

- vryf die steak′s in met sout en peper
- meng alle ander bestandele en doen die steak my die marinade(bedek die steak goed daarmee
- laat die steak vir ten minste 2 uur marineer
- grill die steak op rooster(BBQ) met vleisbraai...
- ondertussen word marinade sassieg gekook en as steaks klaar is oor die vleis verdeel as dit opgedien word (verdun met water as dit nodig is)



RYS UIT INDIE

BESTANDDELE:

- 4 koppies gaar rys
- 3 e Mrs Ball′s Chutney
- 1/2 kop mayonaise
- 1 groen peper(paprika) in klein blokjies
- 1 geskil en fun gesnyde tamatie
- 1 ui fyn
- 1 vol t kerriepoeier
- 2 e suurlemoensap(citroensap)
- 1+1/2 t sout
- 1 t swart peper

METODE:

- sorteer ui tot goedbruin
- doen die groenpeper en tamatie by en kook vir ′n paar minute
- doen die ander bestandele by en maak baie goed warm

Serveertip: gee met vleisskottels of dien op as ′n koue slaai.


VEGETARIESE GROENTE-KERRIE

BESTANDDELE:

- 2 koppe in blokkies gesnyde geskilde aartappels
- 1/2 blik tamaties fijn
- 3 koppe eiervrug(aubergine)
- 1 kop in blokjies gesny komkommer
- 1 kop uie fyn
- 2 cm vars gemmer ook fyn
- 2 e Mrs Ball′s Chutney
- 1/2 t suiker
- 1 t sout
- 1/2 t peper

METODE:

- sorteer die uie totdat hulle ligbruin is
- doen die ander bestandele by en voeg net soveel water by dat dit genoeg sous is
- prut die potjie totdat die groente gaar is

Serveertip: lekker met sneeuaartappels(aardappelpuree), of rys.



PEKELVIS

BESTANDDELE:

- 4 e Mrs Ball′s Chutney
- 3 koppies wit asyn
- 1 e kerrie
- 1/2 e sout
- 4 grote uie gekap
- 4 laurierblare geskeur
- 2kg vars witvis
- 2 e suiker
- 1 vol t borrie(geelwortel)
- 1/2 t peper
- 1/2 kop water

METODE:

- doen die uie in ′n pan doen voeg die water, kerrie, borrie, sout, peper, asyn en suiker daarby
- kook die mengsel vir 3 min.
- haal van hitte en doen die in stukke gesnyde vis daarby
- kook vis nou vir 10 min. of totdat dit gaar is
- doen die vis nou in ′n diep plastiek houer
- meng die blatjan deur die sous en gooi oor die vis
- laat ten minste ′n dag marineer

Serveertip: word as hoofmaaltyd, koud opgeskep en is lekker met sneeu-aartappels en gekookte worteltjies. Of as brunch met growwe brood met botter.


BLATJAN HOENDER

BESTANDDELE:

- 1 Hoender in stukke
- 250 ml Olie
- Bestanddele - Sous: 1 Gekapte Ui - 1 koppie tamatiesous - 2 e Worcestersous - 1+ ? koppie meelblom - 250 ml Mrs Ball′s Chutney - 40 ml Asyn - 140 ml Water

METODE:

- doen die hoender, meelblom, sout en peper in sakkie en skud goed
- verhit olie in diep pan en braai hoender tot bruin en sag
- verwyder hoender uit pan en gooi olie uit pan totdat daar slegs 25 ml oor is
- voeg uie by olie en braai uie tot bruin
- doen nou al die ander bestanddele en hoender by
- sit deksel op pan en prut tot sous dik is.
(of anders bak jy die mengsel vir 1 uur in oond by 180*C)



RYS SLAAI

BESTANDDELE:

- 375g gaar rijst
- 1 rooie en 1 groen peper(paprika), in heel klein blokjes
- 2 2halwe perskes uit blik in blokjes
- 1 e mayonaise
- 65 ml azijn
- 1 e suiker
- 3/4 t zout
- 1 ui fijn
- 1 e Mrs Ball′s chutney(of mango chutney)
- 1 vol t kerrie poeder

METODE:

- Meng al bestandele en meng goed deur koude rijst. Laat ten minste 3 uur in yskas(koelkast) staan terwyl jy dit soms omroer

Serveertip: lekker met braaivleis(bbq) as bykos.



AMERICAN BARBEQUE

BESTANDDELE:

- 1kg varkribbetjies(spare ribs) in stukken gesny
- 2 uie in skywe(ringe) gesny
- 2 tamaties in plakke gesny
- 2 suurlemoene in skywe gesny
- 1 kop Mrs Ball′s Chutney
- 3/4 kop Worcestersous
- 1 kop tamatiesous(ketchup)

METODE:

- pak die varkensribbetjies in ′n oondskaal
- doen op elke stukkie ′n skyf ui, dan ′n skyf tamatie en bo-op ′n skyf suurlemoen
- meng die blatjang, Worcestersous en tamatiesous en giet helfte van die sous oor ribbetjies
- doen die ander helf oor tydens die gaarmaak
- bak die ribbetjies by 160*C vir 1+1/2 uur

Serveertip: bedien met rys en vars tamatie.



FRIKKADELLE
(gehaktballen)

BESTANDDELE:

- 1kg gemaalde vleis(rundergehakt)
- 1 klein ui gerasper
- 2 vol t sout
- 1/2 t borrie(kurkuma)
- 2 e kerrie
- 1/4 t peper
- 2 e appelkooskonfeit
- 2 e Mts Ball′s Chutney
- 1 eier geklits
- 1 kop rou rys
- water

VIR SOUS:

- 1 middelgroot vles tamatiesous
- 60 ml Worcestersous

METODE:

- meng alle bestandele behalwe rys
- doen die rys nou by en meng goed
- maak frikkedelle en sit hulle in swaar kastrol
- gooi daar kook water oor en laat hulle 50 min. stadig kook

METODE VIR SOUS:

- meng tamatiesous en Worcestersous en giet by die frikkadelle
- haal die frikadelle uit sous en verdik die sous indoen nodig met maizena



SOSATIE SOUS

BESTANDDELE:

- 2 e Mrs Ball′s Chutney
- 2 e tamatiesous(ketchup)
- 2 e mayonaise
- 2 e Worcestersous
- 4 suurlemoenblare(citroenbladeren)
- 1+1/2 kop asyn
- 1 eier
- 1 e kerrie
- 1 e borrie(kurkuma)
- 3 uie in skywe gesny

METODE:

- meng alle bestanddele behalwe die uie, vleis en sout
- pak vleis (skaapvleis/vark/bief) in bak en verdeel die uie en sous daaroor
- laat ten minste een dag marineer
- ryg vleis om en om aan penne en rooster oor kole
- doen nou sout oor vleis
- verwarm marinade en dien op met geroosterde vleis

Serveertip: lekker met slaai of self op ′n toe-broodjie met vleis van penne gehaal, met van die sous daaroor.



TAMATIE EN SARDIENTJIEDOOPSOUS

BESTANDDELE:

- 112g roomkaas
- 3 e mayonaise
- 2 e Mrs Ball′s Chutney
- 1 gerrasperde ui
- 3 e tamatiesous(ketchup)
- 3 sardientjies uit blik fyngedruk
- 1 t peterselie fyn
- sout
- peper

METODE:

- meng alles saam totdat dit romerig is



KERRIEDOOP

BESTANDDELE:

- 3/4 kop mayonaise
- 2 e Mrs Ball′s Chutney
- 2 t kerriepoeier
- 2 t mosterd

METODE:

- meng al die bestanddele baie goed



AANDKOS-SPAGHETTI-BOLOGNAISE

BESTANDDELE:

- 500g maalvleis(rundergehakt)
- 2 uie fyn
- 10og spek in blokkies
- 1 blokkie biesekstrak(runderbouillon blokje)
- 40 g tamatiepasta(tomatenpuree)
- 1 blikkie weense worsies(knakworstjes)
- 250g spaghetti, gaar
- 2 e Mrs Ball′s Chutney
- sout
- peper
- 1/4 t tiemmie
- 1 t droe basil
- 1 t droe oregano
- 1 t aromat
- klaargemaakte witsous
- paar e parmesaanse kaas

METODE:

- bak spek uit en sorteer uie to glasig met spekkies
- voeg maalvleis met sout, peper en kruidery by en bak die maalvleis los en bruin
- voeg die gekruimelde blokkie ekstrak by
- laat goed deurkook en roer af en toe(as dit te droog wil word, moet water by gedoen word)
- voeg as laasten weense worsies by en laat nog bietjie verder kook
- pak nou laag vir laag sphagettie en vleismengsel in oondskaal en eindig bo-op met vleismengsel
- gooi die witsous daaroor en strooi die kaas daaroor
- bak in die oond tot dit warm en mooi bruin is bo-op



MAALVLEIS ROLY-POLY
(′n resep vir 80 porsies)

BESTANDDELE:

- 2,5kg meel
- 16 eiers
- 1/2 kop bakpoeier
- 3 e sout
- 2x500g margarien
- 1 liter melk
- 1 kop gerasperde cheddar kaas
- 1 kop Mrs Ball′s Chutney
- 4+1/2kg maalvleis(rundergehakt), korrelrig gaar gebak

METODE:

- sif meel, bakpoeier en sout saam en vryf margariene in
- klits eiers met melk en meng deur die meel
- rol deeg uit en smeer die die blatjang daaroor
- strooi die kaas daaroor en doen die gaar maalvleis daaroor
- rol die deeg nou op en bak bruin
- sny in skywe en bedien met ′n jag-sous uit pakkie of self gemaak

Al die resepte is ook te sien op my Smulblad

Waar Suid-Afrikaanse produkte bestel kan word:

Droevrugte, vrugtesappe, biltong, droe- en boerewors, swart driepootpotte,
Mrs. Balls, allerhande lekkers en tjips, Castle Bier, Savanna en ander
drankies en alles wat Suid-Afrikaners mis as hulle die land verlaat. In
Holland is dit alles te koop. Ook cd′s, video′s en allerhande
geskenkartikels. Te veel om te noem! Kan reg oor die wereld gestuur word.
Kontak lieweheksie@zonnet.nl

Of:

Paula Hoogendam, Bosrand 13, 6718 ZN Ede
Telefoon 0318 619477 of 06 27078 931
Gironummer 7037954


Jy mag my naam wel noem(Deon Karsten). Paula weet van my op smulweb...

Reacties (20)
Bekijk alle reacties Ophalen reacties ... Bekijk minder reacties
MRS BALL′S CHUTNEY
Leuk artikel? Deel het

We gaan dit jaar lekker naar buiten! Met voorjaarsgerechten van Ramon Beuk en wijnadvies van sommelier Jan-Willem van der Hek. Kijk op www.lidl.nl voor het uitgebreide assortiment. … Doe mee »

Advertisement

Op de speciale wokjekoelkastleeg pagina zie je hoe je eenvoudig je koelkast leeg kan wokken. Geef op wat je nog hebt liggen en zoek daar recepten bij. Wokken doe je met Go-Tan!… Doe mee »

Laatst vragen
Laatst beantwoorde vragen
Meest bekeken
Dit artikel staat ook in de volgende kookgroepen:
chutneys

chutneys

Top
Smulweb.nl maakt gebruik van cookies

Graag houden wij onze website gratis, daarom maken wij gebruik van cookies en vergelijkbare meettechnieken. Hiermee kunnen wij uw instellingen onthouden en de website optimaliseren. Daarnaast kunnen wij voor advertenties een vergoeding ontvangen. Meer over cookies leest u hier.

Om verder te gaan naar de website,
verzoeken wij u om akkoord te geven.

Gaat u hiermee akkoord?

Ja, ik accepteer de cookies